JOU DAG

Daar is ’n emosioneel gelaaide Volmaan; probeer dus kalm bly.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie toegewyd aan jou werk, maar moenie sodoende jou gesin afskeep nie. Streef in 2017 daarna om meer ontspanne te wees – geestelik sowel as liggaamlik.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jou impulsiewe, oorhaastige sy word deur die volmaan geaktiveer terwyl jy intree en beheer oor alles en almal oorneem. Sal dit nie miskien raadsaam wees om liewer rustiger te raak en toegewings te maak nie?

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Kies vandag jou woorde wys, Bul, aangesien die volmaan jou kommunikasiesone aktiveer. As jy nie oppas nie, kan jy die verkeerde ding op die verkeerde tyd aan die verkeerde persoon uitblaker!

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die volmaan, Jupiter en Uranus maak almal vuur onder jou geldsone. Weerstaan dus die versoeking om impulsief iets te koop of om ’n skielike finansiële skuif te maak. Dink eers goed oor alles na.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy kan nou geensins aan intense verhoudings ontsnap nie aangesien die volmaan jou vennootskapsone stimuleer. Moet ook nie onder die wanindruk verkeer dat jy alles vandag op jou eie kan vermag nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Berei jou voor op ’n besige en ontstellende dag. Jy gaan lus voel om jou te onttrek aan die geharwar om jou. Maar mense gaan gedurig eise stel aan jou tyd, energie, deelname en geselskap.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

As jy van ander verwag om vandag prakties en stiptelik te wees, gaan jy ongelukkig teleurgestel word. Daar is onvoorspelbare volmaan-energie in die omte; laat vaar dus die streng rooster en laat Gods water oor Gods akker loop.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Skakel vandag in by wat ’n geliefde dink, Weegskaal. Met dié dat die volmaan jou tuistesone verlig, is jy in ’n bui vir ’n bietjie gesinspret. Maar verwag die onverwagte!

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy sal ekstra diplomaties moet wees as jy effens te veel vrywing met familielede wil vermy. Onder die glans van die volmaan is almal se geduld uiters beperk; dus moet jy lig loop.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Daar is ’n volmaan en die son koppel met Jupiter. Dit verhoog jou Boogskutter-rusteloosheid asook jou neiging tot oorhaastige, halfgebakte besluite. Markeer dus die pas en besin eer jy begin.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Probeer om vandag sake in perspektief te hou, Steenbok. ’n Geliefde voel baie emosioneel; moet dus nie sy/haar kommentaar ter harte neem nie. Wag tot die volmaan-melodramas afgekoel het.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Probeer vandag nie te erg temperamenteel wees nie. Die volmaan verhoog jou rustelose en onvoorspelbare sy. Probeer dus kalm word en ontspan, anders gaan jy teen etenstyd gedaan wees!

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die Kreef-volmaan verhoog jou intuïsie, kreatiwiteit en meelewendheid. Dit maak ook die kans op ernstige emosionele ineenstortings soveel groter. Wees dus vandag – asook vannag - uiters versigtig, Visse.

© Joanne Madeline Moore