JOU DAG

Energie en selfvertroue is vandag laag; markeer dus jou pas.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy hou van pret. In die jaar wat voorlê moet jy daarna mik om meer tyd tuis saam met familie en vriende deur te bring. Die verste gras is nie altyd die groenste nie.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Terwyl Mars reghoekig is met Neptunus, sal jy nie besonder selfversekerd, energiek of gemotiveerd voel nie. Gebruik dus die tyd om te kyk na jou liggaamlike gesondheid en goed te eet. Probeer afwen, herwin jou kragte en ontspan.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Hoe meer passie en kreatiwiteit jy in ’n groepsprojek belê, hoe suksesvoller gaan die dag raak. Moet net nie meegevoer raak en toelaat dat jou verbeelding jou mislei nie. Bly in aanraking met die werklikheid, Bul.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Verwag ’n chaos en misverstande terwyl Neptunus kommunikasie verwar en jou gedagtes deurmekaarkrap. Probeer om nie ontmoedig te word nie, Tweeling, al lyk die gaping tussen doelwitte en die werklikheid so groot.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Moenie toelaat dat dit wat in die verlede gebeur het, verhoudings met ander vertroebel nie. Gebruik vandag ’n vars benadering tot intieme verhoudings, Kreef. Al wat op die oomblik moontlik situasies kan saboteer, is jyself.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Vermy die versoeking om vandag kommunikasie aan te wil jaag en tot verwarrende gevolgtrekkings te kom. Dit sal maklik wees om deurmekaar te raak, en dalk kom jy agter jy het te veel hooi op jou vurk geskep!

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jou nuuskierigheid word aangevuur terwyl jy ’n geheim ontrafel, ’n verlore artikel opspoor of inligting oor mense opdelf. Wat ’n geliefde betref, moenie aanneem jy weet wat hy of sy dink nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy wil hê alles moet vandag glad verloop, maar dit sal net nie gebeur nie. Nabye verhoudings gaan verwarrend en geliefdes onvoorspelbaar wees; probeer dus ontspan Gods water oor Gods akker laat loop.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Skerpioene is gewoonlik slim spaarders. Maar – met dié dat Saturnus steeds agteruit deur jou geldsone beweeg – kan jou banksaldo ’n knou kry. Bly dus weg van spontane inkopies, veral vandag.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Om aannames te maak kan jou vandag in die moeilikheid laat beland. Jy wil ander graag raad gee, maar moenie aanvaar jy het al die wysheid in pag nie. Hoe nederiger jy bly, hoe beter sal jou dag raak.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Hoe meer aandagtig jy verhoudings mikrobestuur, hoe meer sal geliefdes hulself van jou distansieer. Misverstande is dus vandag moontlik, Steenbok, tensy jy tyd inruim om ondubbelsinnig te kommunikeer.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Verhoudings met ’n kind, tiener of intieme vriend kan vandag verwarrend raak, Waterdraer, terwyl julle aanvaar om te verskil oor ’n aanvegbare onderwerp. Kry dus maniere om saam te werk, terwyl albei hul onafhanklikheid behou.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy kan vandag uiteenlopende, teenstrydige emosies ervaar terwyl jy die gemoedere van die mense om jou raaksien. Onthou net die fyn onderskeid tussen heerlike dagdrome en twyfelagtige misleidings.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017