JOU DAG

Vandag se sterre is ten gunste van harde werk aan skeppende projekte.

AS JY VERJAAR

In die komende jaar sal jy heelwat vermag, maar moenie so vasgevang word dat jy geliefdes afskeep nie. Februarie en Maart is puik maande vir romanse en familievierings.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy sal vandag in die kollig wees – hopelik om die regte redes! Die maan help jou vandag om empatie met ander te hê, terwyl Mercurius kommunikasie en kreatiwiteit aanhelp.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Hardkoppige Bulle kan vasgevang word in ’n groef – te versigtig om enigiets nuuts te probeer. Vandag moedig die maan en Mercurius jou aan om ’n bietjie avontuurlustiger te wees deur uit jou gemaksone te kruip.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Baie Tweelinge het ’n kort aandagspan. Die sterre moedig jou aan om vol te hou met projekte tot hulle klaar is. Mercurius bevorder kreatiwiteit; dus is daar geen verskoning om verveeld te wees nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Dis tyd om te fokus op jou professionele portuurgroep terwyl jy vriendskappe vertroetel en nuwes skep. Herevalueer ook jou toekomsplanne – miskien moet jy hulle ’n bietjie aanpas?

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Daar is ? fyn onderskeid tussen reik na die sterre en jouself verrek. As jy te veel aanpak, gaan jy in ’n deurmekaarspul beland. ’n Kind of vriend wil graag gesels; los alles en luister.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Met Jupiter in jou teken – en jou Maagd-werketiek – is jy in ’n gelukkige tydperk. Soos die beroemde Thomas Edison geskryf het: “Die geluk kom dikwels wanneer ’n geleentheid en voorbereiding by mekaar uitkom.”

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Met Mercurius, Venus en Pluto wat deur jou huishoudelike sone beweeg, raak dit tyd om proaktief te wees en ’n verbrokkelde verhouding te herstel. Wat familie betref, is die wagwoord op die oomblik vergifnis.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Moenie op die kantlyn sit nie, Skerpioen! Wat persoonlike sake of ’n taai familiekwessie betref: Hoe proaktiewer jy raak, hoe beter. Soek oplossings eerder as om te fokus op probleme.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jou huidige slagspreuk kom van die beroemde Thomas Edison: “Baie mislukkings word ervaar deur mense wat nooit werklik besef het hoe ná aan sukses hulle was toe hulle opgegee het nie.”

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Moenie aanneem jy weet wat die beste vir almal om jou is nie. As jy ’n kilometer in iemand anders se skoene geloop het, sal jy dinge uit ’n ander perspektief sien. Gun ’n familielid ruimte.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die lewe is tans baie bedrywig, maar probeer ruimte vind in jou woelige dag om briek aan te draai, agteroor te sit, te ontspan en te herlaai. Ná ’n bietjie stil alleentyd sal jy weer nuut en aangevuur voel.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Visse verlang vreedsame vriendskappe. Koel inagneming en samewerking sal lei tot liefde en geluk. ’n Finansiële ooreenkoms kort dalk aandag en moet dalk aangepas word.