Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Vandag se sterre is gunstig om diep en ernstige onderwerpe te bespreek.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n filosoof en waarheidsoeker. Wees die volgende jaar minder bekommerd en speel meer, veral wat familie en vriende betref.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy help graag ander mense, maar om in te bars en meer te beloof as wat jy kan lewer, kan vandag ’n probleem raak. As jy jou spoed aanpas, gaan jy dinge sonder onnodige stres afhandel.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Dit is ’n uitstekende dag om ’n bietjie gehaltetyd saam met ’n spesiale kind of tiener in jou lewe deur te bring. Wees voorbereid op veranderings, want ’n vriendskap of finansiële aangeleentheid stuur op ’n avontuurlike nuwe rigting af.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Dis ’n uitstekende tyd om probleme met ’n intieme vriend of kollega op te klaar, voor te berei vir ’n werkonderhoud of om jou werkplek skoon te maak en jou kantoorruimte te verfraai – veral as jy van die huis af werk.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Vandag se planetêre patrone plaas die kollig op studie, reis, familiegesellighede, kontakte in die gemeenskap en stimulerende geselskap. Dit is die volmaakte tyd om die wêreld aan die brand te praat, te SMS en te twiet.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die son storm tans deur jou teken, dus is dit moeilik om jou te ignoreer. Jou huidige motto kom van die beroemde Leeu, Madonna: “Ek staan vir vryheid van spraak en volg my drome.”

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dis ’n wonderlike dag vir werk en sake, met Mercurius en Pluto wat jou konsentrasie- en kommunikasievlakke verhoog. Maak seker jy benut geleenthede wat na jou kant toe kom.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Sluk ’n kalmeerpilletjie. Met Mercurius, Venus en Jupiter wat almal jou privaatheidsone besoek, kwalifiseer jy lankal vir ’n bietjie stil alleentyd sodat jy die pap batterye binne-in jou kan herlaai.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Wat ’n intieme verhouding met ’n vriend, familielid of buurman betref, is dit tyd om diep en betekenisvol te raak terwyl julle die werklike redes bespreek waarom ’n huidige situasie nie uitwerk nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Met die planete wat jou reputasiesone warm maak, is dit tyd om jou lig te laat skyn. Openbare gesprekke of optredes lyk gunstig, terwyl jy jou leierskapskenmerke en kreatiewe vermoëns aan almal tentoonstel.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Baie Steenbokke word vandag na avontuurlike stokperdjies, mense en plekke gelok. Wat jy ook al kies om te doen, jy kan ’n besige dag te wagte wees, vol lewendige gesprekke en stimulerende nuwe ervarings.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Professionele vriendskappe, saketransaksies en geldsake word alles bevoordeel – solank jy geduldig bly. Dis ook ’n goeie dag om sake met heelwat plesier te meng.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Vandag se planetêre patrone seën intieme verhoudings, terwyl jy vrygewig en ondersteunend voel teenoor geliefdes. Enkellopende Visse, romanse en reis is op avontuurlike maniere met mekaar verbind.