Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore

JOU DAG

Vandag kan jy ’n paar diep gesprekke en heelwat interaksie verwag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is bekwaam en betroubaar en ’n mens kan op jou staatmaak. Die volgende 12 maande is dit tyd om meer op jou eie behoeftes te fokus en pret te hê.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die ingewikkelde ligging van die planete kan jou ontevredenheid met ’n romantiese verhouding of ’n professionele vennootskap vermeerder wanneer verborge spanning eindelik na die oppervlak kom.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Beplan om die toekoms gewapen met die feite tegemoet te gaan terwyl jy ambisieuse en bereikbare doelwitte vir volgende jaar stel. Moenie toelaat dat ’n kollega met slinkse planne jou goedgelowigheid uitbuit nie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy sien vandag klein dingetjies op eie risiko oor. Dis tyd om te konsentreer, op die feite te fokus, die nodige navorsing te doen en nie elke vyf minute van plan te verander nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy kan hewige gevegte met geliefdes verwag terwyl Pluto jaloerse, manipulerende gedrag laat uitkom. Jy voel broos, maar as jy klouerig is, sal dit ander wegdryf.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Gaan ’n familielid of kollega deur ’n moeilike tyd? Moenie hulle probeer manipuleer nie. Gee hulle net verstandige raad, maar staan dan terug en laat hulle self die nodige veranderinge maak.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jy is in ’n obsessiewe bui, veral wat ’n kind, tiener of vriend betref. Probeer ontspan en beskou sake van alle kante. Weerstaan die begeerte om te kritiseer.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Dit sal moeilik wees om balans te kry tussen persoonlike projekte en huishoudelike pligte. Maar as daar enigiemand is wat die ewige balanseertoertjie tussen werk en persoonlike lewe kan hanteer, is dit die gebalanseerde Weegskaal!

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy kan vandag behep wees daarmee om dinge reg te kry terwyl jy navors en ondersoek instel. Probeer om nie bekommerd te wees nie, Skerpioen. Streef daarna om baie betrokke te wees, maar perspektief te behou.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Geldsake sal ingewikkeld wees terwyl die planete se ligging jou onsekerheid en besitlikheid vergroot. Vermy praatjies oor geldsake en moenie geld aan onbetroubare mense leen nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Pluto vermeerder verpligtings en obsessies. Jy kan dus diep gesprekke met ander – in persoon en aanlyn – te wagte wees. Hoe koppiger jy is hoe moeiliker sal die dag wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Dit sal jou nêrens bring om ander kwaad te maak of skuldig te laat voel nie. Jou onderbewuste dryf jou vandag. Probeer dus om nie belangrike besluite te neem wat jy later sal berou nie.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Daar sal emosionele komplikasies met ander wees omdat die planete se ligging mense prikkelbaar maak. Kyk vorentoe. Dit hou langtermynvoordele in om ander te help.