Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Vandag se sterre moedig deernis en kreatiwiteit aan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Strewe daarna om die balans tussen jou openbare en privaat lewe reg te kry. Januarie en Junie volgende jaar is uitstekende maande vir liefde en romanse.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Wat die neem van belangrike finansiële, professionele of persoonlike besluite betref, moet jy nie jou intuïsie ignoreer nie. Jy sal sien dat intellek en intuïsie ’n kragtige kombinasie is.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Vriende en familie sal voordeel trek uit jou optimisme en vrygewigheid vandag, Bul, terwyl jy sonskyn rondom jou versprei. Jy het ook die vermoë om ’n groepsituasie ten goede te beïnvloed.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Met Venus wat jou vriendskapsone besoek, begin verhoudingsprobleme beter raak. Dit is dus ’n baie goeie tyd om dinge uit te praat, asook om maniere te kry om meer oorleg met ander te pleeg en om te gee.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Krewe is gewoonlik taamlik privaat skepsels. Vandag gaan jy egter lus voel om jou gevoelens te wys en ander mense te vertel hoe jy voel oor ’n wye reeks sake. Die aanpak van kreatiewe projekte word ook bevoordeel.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy is vandag gretig om te sê wat jy dink. Jy is ook gereed om met ander kontak te maak op emosionele vlak, te meng en in te skakel, te kommunikeer en te gesels. Vermy dit egter om in te bars en oor te neem.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Wat intieme verhoudings betref, gaan kreatiewe kommunikasie jou ver bring. ’n Kombinasie van tweerigtinggesprekke en fyn luister sal jou kontakte met rasse skrede verbeter.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Bring jy jou kant in en om die huis? Met Pluto in jou tuistesone gaan jy, hoe meer jy sloer, ál meer probleme met geliefdes op die hals haal.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Wanneer jy met ’n ouer, kind of vriend kommunikeer, maak seker dat jy jou kop en jou hart vandag bymekaarsit. Met intellek en intuïsie aan boord sal jy weer die gesprek aan die gang kry.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Voel jy gespanne omdat jy ’n belangrike besluit moet neem? Moenie net na jou logiese kant luister nie. As jy jou intuïsie in aanmerking neem, sal dit jou in die regte rigting lei.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Pasop dat jou saaklike Steenbok-benadering nie verkeerdelik geïnterpreteer word as kilheid of onverskilligheid nie. Moenie jou persoonlike gevoelens afskeep wanneer jy – persoonlik sowel as aanlyn – met ander kommunikeer nie.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Waterdraers mors gewoonlik nie hul tyd met negatiwiteite nie. Jy sal jou egter dalk vandag bekommer oor ’n verwarrende finansiële kwessie. As jy in aanvoeling kom met jou intuïsie, sal jy presies weet wat om volgende te doen.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Goeie aspekte stimuleer jou kreatiewe en geestelike sy, en help verder om in te skakel by die wysheid van die stemmetjie in jou binneste. Vir sommige Visse gaan ’n projek wat op die agtergrond geskuif is, eindelik die groen lig kry.

© Joanne Madeline Moore