JOU DAG

Sodra die maan in die Ram is, is dit tyd om die wêreld daar buite te gaan ontdek.

AS JY VANDAG VERJAAR

Aangesien jy op die diereriem se Dag van die Sielesoekers gebore is, is jy sensitief en intuïtief. Probeer om vanjaar meer gesellig en diplomaties te wees en jou minder uit die samelewing te onttrek.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Met die maan wat deur jou teken storm, het jy energie om te verbrand. Maak net seker jy kanaliseer jou uitgelatenheid na toepaslike produktiewe aktiwiteite, anders gaan jy maar net ’n uitgelate Ram bly.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die maan is nou in die vurige Ram, dus sal baie mense vandag rondhardloop. Dit is tyd vir Bulle om stadiger te beweeg en energie inwaarts te keer. Ontspan, mediteer en beplan; doen iets wat jou sal laat kalmeer.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

’n Vriendskap of professionele verhouding kan dalk vandag problematies word en jy kan daarvan beskuldig word dat jy ’n situasie wil aanjaag. Verminder spoed en probeer die groter prentjie sien.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Trap vandag ekstra versigtig, want jy gaan emosioneel prikkelbaar voel en maklik geïrriteerd raak. Meditasie en oefening sal jou help om te kalmeer sodat jy in ’n rustiger en produktiewer luim kan wees.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die maan is in jou mede-vuurteken die Ram en dit beteken jou avontuurlustige sy tree na vore. Dit is dus die volmaakte dag om vir ’n kursus in te skryf, opwindende nuwe inligting te bekom of ’n ander plek te gaan verken.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sep.

Benut jy Jupiter se teenwoordigheid in jou teken ten volle? Dit gebeur net elke 12 jaar; sorg dus dat jy op ’n ontdekkingstog gaan, eksperimenteer en opgewonde raak oor die geleenthede rondom jou.

WEEGSKAAL, 24 Sep.-23 Okt.

Is jy diplomaties of bloot besluiteloos? Hou op om waardevolle tyd te mors deur rond te trippel. As jy jouself duidelik maak en proaktief is as jy met ander mense te doen kry, sal positiewe goed gebeur.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jou kreatiwiteit is vandag aan die brand terwyl jou idees prut, geleenthede verskyn of ’n uitstekende finansiële aanbod na jou kant toe kom. As jy werk soek, kom aan die gang.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy is gereed vir avontuur terwyl die maan deur die aktiewe Ram beweeg. Maar as jy nie gou uit die huis of kantoor kom nie, gaan jy almal tot raserny dryf. Sport, reis en strawwe oefening word aanbeveel.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Pligsgetroue Steenbok, moenie jou kaarte te veilig speel nie. Geliefdes of kollegas by die werk wag vir jou om met ’n paar nuwe idees vorendag te kom. Mik dus daarna om so proaktief as moontlik te wees.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy het ’n hele paar menings en jy is in die bui om jou sê te sê. Om die eerste ding te sê wat in jou gedagtes opkom, kan egter dalk ’n vurige reaksie ontlok, dus moet jy gereed wees met ’n skerp antwoord.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Vermy simpel blitsbesluite oor geld, aangesien jy geneig is om goed om suiwer emosionele redes te koop. Rus iets swaar op jou gemoed? Moenie talm nie; wees reguit en laat van jou hoor.