JOU DAG

Die sterre is gunstig vir kameraadskap en slim kommunikasie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is buitengewoon kalm vir ’n Boogskutter! Saturnus beweeg in 2016 deur jou teken en jy sal met harde werk en deursettingsvermoë goeie wins en bevredigende vordering maak.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Mercurius beweeg tot 2 Januarie in jou loopbaansone. Jy sal duidelik en dikwels met kollegas moet kommunikeer en reël dat jy in die vakansietyd op hoogte bly van wat aangaan.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Met Mercurius in die Bul se sone vir reis en leer, sal baie Bulle gretig wees om ’n onderwerp of taal te bestudeer wat hul nog altyd gefassineer het of om ’n avontuurlike reis iewers in 2016 te beplan.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Mercurius beweeg in die aardse Steenbok se teken en stabiliseer jou skerp verstand. As jy take metodies op jou doenlysie afmerk, sal jy jou voorbereidings vir Kersfees gou-gou sonder die gewone afleidings afhandel.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Hou die kommunikasiekanale oop, want die planeet vir praat, Mercurius, beweeg deur jou verhoudingsone. Buierige stiltes is uit en tweerigtinggesprekke in.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Met heelwat planetêre aksie in jou welstandsone is dit tyd om jou gesondheid en fiksheid van naderby te bekyk. Is jou mediese en tandartsondersoeke op datum?

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Mercurius, jou heersende planeet, beweeg tot 2 Januarie in die pligsgetroue Steenbok se gebied. Dit pas jou goed terwyl jy op besonderhede fokus en jou gesonde verstand goed werk.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Venus is in jou kontantsone en jy fokus op geld- en sakekwessies. Beskou jy jou huidige situasie objektief? Dalk sal dit die beste wees om ’n tweede mening te kry.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Venus in die Skerpioenteken laat jou skoonheid, romanse, musiek, goeie kos en wyn asook ander vreugdes waardeer. Dis ook tyd om aandag aan jou fisieke voorkoms te gee.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Was jy roekeloos met kontant? Met Mercurius wat deur jou geldsone beweeg, is dit tyd om meer geldgeletterd te word. Jy leer hoe om jou geldsake te bestuur of stel iemand professioneel aan om dit vir jou te doen.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Mercurius beweeg in jou teken en sal tot 2 Januarie daar bly. Jy is dus op jou rasionele, nougesette en bilikke beste. Weerstaan die begeerte om die mense om jou te kritiseer.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Moenie aanvaar sake is soos dit lyk nie. Met Mercurius en Pluto in jou sone vir navorsing en misterie moet jy onder die oppervlak kyk en uitvind wat die agtergrond is om vas te stel wat regtig aan die gang is.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Met Mercurius in jou netwerksone is dit tyd om saam met jou beste vriende te kuier. Jy koester vriendskappe en bou opwindende, nuwe, professionele en persoonlike kontakte op.