JOU DAG

Die sterre bevoordeel pret en ook die maak van nuwe sosiale kontakte.

AS JY VANDAG VERJAAR

Ander mense word gelok deur jou aantreklike en uitdrukkingsvolle persoonlikheid. Jy moet deur die komende jaar  daarna strewe om die balans tussen verbeeldingrykheid en prakties wees, reg te kry.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jou heerser, Mars, is in die Leeu, dus is jy in ’n optimistiese fase. Geen uitdaging is te groot nie, terwyl jy die lewe met ekstra entoesiasme benader. Maak egter seker dat jy nie belangrike details langs die pad miskyk nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Fisieke aktiwiteit is ’n puik manier om vandag van ekstra energie, en kilo’s, ontslae te raak, Bul. Hou dus op om ’n stoelpatat te wees en kom aan die gang met stap, draf, sport of ’n behoorlike sessie by die gimnasium.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Samewerking en kommunikasie is vandag die sleutels tot sosiale sukses. Maak ook seker dat jy jou natuurlike Tweeling-rusteloosheid beheer met buitemuurse aktiwiteite en ’n bietjie prettige fisieke oefening.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Kommunikasie is vandag die gonswoord, terwyl jy daarna streef om jou boodskap hard en duidelik oor te dra. Mik daarna om ander mense van jou uitgangspunt te oortuig met volop Kreef-charisma, takt en versigtige oorreding.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Met die Son en Jupiter wat jou sterreteken stimuleer, is dit vir jou moontlik om ’n positiewe nadraai te gee aan ’n aanvaarde mislukking. Met ekstra energie en entoesiasme kan alle hout dalk timmerhout word.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius, jou beskermheerplaneet, verbind met Venus, so vandag sal sjarme en uitstekende kommunikasievermoëns jou ver bring. Dit is die ideale tyd om met ’n kreatiewe idee vorendag te kom of om ’n paar ou gunsies op te eis.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Mik daarna om die balans reg te kry tussen besig wees in die buitelug en om bietjie stil alleentyd deur te bring met jou eie gedagtes en drome. Jy kort beslis ’n bietjie rus en ontspanning so gou moontlik.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Moenie op klein skaal dink nie, Skerpioen! Vandag se planetêre patrone aktiveer jou beroep- en aspirasiesones. Maak dus seker dat jou doelwitte en drome vir die toekoms so groot en aanskoulik moontlik is.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die sensasionele Son-Jupiter-verbinding verhoog selfvertroue en spoor jou natuurlike liefde vir die lewe aan. Dit is dus die volmaakte dag om ander mense en uitdagings met ekstra energie en entoesiasme te benader.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Dit is tyd om eindelik verantwoordelikheid te aanvaar vir jou aandeel in ’n voortdurende vennootskapsprobleem. Kommunikasie en oorlegpleging is die sleutels om ’n intieme verhouding weer terug op die spoor te kry.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Verbonde Waterdraers – jy is in ’n lewendige bui, maar jy moet die behoeftes van jou maat in ag neem, nie net jou eie nie. Enkellopend? Jou behoefte aan liefde is sterk, maar moenie halsoorkop in ’n verhouding instorm sonder om dinge eers behoorlik te deurdink nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jou intuïsie sal vandag vir jou aandui wat die beste manier is om ’n delikate situasie te hanteer, Vis. Sommige enkellopendes kan noodlottige ontmoeting verwag met ’n bekkige, wispelturige tipe.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.