Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Die sonsverduistering is ’n betowerende tyd vol opwindende nuwe dinge. Begin jou drome verwesenlik.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou geboorte op die sterretekens se Dag van Geen Onsin maak jou prakties en nougeset. Wees in die komende jaar meer buigbaar en hê heelwat meer pret.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Gee vandag baie aandag aan jou gesondheid en fiksheid, want die sonsverduistering aktiveer jou welsynsone. ’n Gereelde roetine gaan lei tot meer energie, beter produktiwiteit en ’n lus vir die lewe.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Met die sonsverduistering wat jou vermaak/stokperdjiesone energie gee, moet jy meer dinge doen waarvan jy hou. Raak fisiek bedrywig, wees kreatief, musikaal of sportief – wat jy ook al verkies. Dis tyd om aan die gang te kom!

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Dring jy moeilik deur tot ’n hardkoppige familielid? Die sonsverduistering moedig jou aan om weer te begin praat. Werk daaraan om die kommunikasielyne oop te hou.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die sonsverduistering moedig jou aan om nader te kom aan en persoonliker te raak met ’n familielid of buurman terwyl jy tot die kern van ’n probleem probeer deurdring. Maak seker jy dra jou idees duidelik en omvattend oor.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Met die sonsverduistering in jou geldsektor moet jy ’n voorraadopname maak van jou huidige finansiële situasie. Moenie vergeet om jou innerlike welstand – wat jou selfrespek en beginsels insluit – ook na te gaan nie.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Dis die beste tyd van die jaar om met ’n projek te begin of belangrike veranderings in jou lewe teweeg te bring. Prakseer ’n praktiese plan en voer dit dan met hope selfvertroue en toewyding deur.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Met die sonsverduistering wat jou afsonderingsone stimuleer, moet jy daarna streef om ’n bietjie rus en kalmte iewers heeltemal privaat te kry. Spesiale alleentyd is tans voedsel vir jou siel.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die sonsverduistering plaas die kollig op jou doelwitte en toekomsdrome. Die son moedig jou aan om vir goud te mik, terwyl die maan jou help om dit met volop doelgerigtheid en vasbeslotenheid deur te voer.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Daar is baie dinge aan die gang by die skool of werk. Staan ’n bietjie terug en beskou dit uit ’n vars oogpunt. Duidelike kommunikasie is die geheim om jou produktiwiteit en sukses ’n hupstoot te gee.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

As dit kom by jou ambisieuse aspirasies, moet jy nie dinge aframmel nie. Kry liewer ’n slim en strategiese plan en wag geduldig vir die geskikste oomblik.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die sonsverduistering dui op ’n ratverandering in ’n belangrike deel van die lewe. Die hemel dui ’n vars begin vir avontuurlike Waterdraers aan. Dit sluit ’n intieme verhouding of gesamentlike geldsake in.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie aankarring en voortstoom op ’n onbekende en verwarrende terrein nie. Jy kan deur duidelike kommunikasie op kreatiewe en bevredigende wyses met ander mense kontak maak.