JOU DAG

Die Bul-maan skep gunstige omstandighede vir jou om prakties, pragmaties en produktief te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n waardige, toegewyde mens, maar moenie bang wees om jou vriendelike omgeekant vir ander te wys nie. Wees meer gedissiplineerd in 2016.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy wil jou eie ding doen, maar wees versigtig om nie ander met jou ondeurdagte en baasspelerige gedrag te ontstel nie. Jy voel rusteloos. Doen dus iets fisieks om stoom af te blaas!

BUL 21 Apr.-21 Mei

Is jy op soek na nuwe liefde? Maak seker jy gooi jou net wyd uit. As jy by ’n groep of klub betrokke is, sal ander na jou kyk vir vindingryke idees en innoverende inspirasie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Moenie by die verlede vashaak nie. Probeer om ’n voortslepende probleem op ’n nuwe manier te beskou. Deur oud met nuut en die konvensionele met die onortodokse te kombineer, kan jy die toekoms skep wat jy wil hê.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Neem die inisiatief en probeer ’n heeltemal nuwe benadering tot ’n voortslepende verhoudingsprobleem, veral met ’n kollega, volg. Span jou verbeelding in.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy gebruik dalk jou charisma vir ’n belangrike saak en word ’n segspersoon in jou plaaslike gemeenskap. Moenie die kans verspeel om ’n bydrae te lewer nie.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jy voel optimisties en is gretig om vooruit te beweeg, maar moenie jou kanse bederf deur te dink jy het al die antwoorde nie. Dis tyd vir die slim Maagd om kalm en bedaard te wees.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jy is lief vir ’n luukse lewe, maar moenie dit oordoen nie, anders sal jy op die ou end bankrot wees. Jou grootste uitdaging is om te leer om “nee” te sê.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Daar is dalk konflik tussen verhoudingsverantwoordelikhede en professionele projekte. Jy sal minder gefrustreerd en uitgeput voel as jy raad vra.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Wat jy sê en wat ander mense hoor, is vandag dalk verskillende dinge. Hoe versigtiger jy met geliefdes kommunikeer, hoe kleiner sal die kanse vir verwarring wees.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Verwag die onverwagte by die huis – iets breek, gaste kom en gaan of ’n gesinslid verras jou met ’n besluit. Gaan maar net saam met die stroom.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Kommunikeer vandag versigtig. As jy te haastig is of belangrike besonderhede uitlaat, sal ander dalk met woede of agterdog reageer. Verduidelik sake behoorlik.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Dis nie ’n goeie tyd om haastige besluite oor geldsake te neem of raad oor geldsake van goedbedoelende vriende te volg nie. Maar dis ’n wonderlike dag om saam met ’n nuwe, kreatiewe groep te kuier.