JOU DAG
Bly kalm en gaan voort ten spyte van dramas en vertragings!


AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is opmerksaam en gewild, en ander mense dink jou plesierige geaardheid is aanloklik. Moenie te trots wees om hulp te vra nie. Familie en vriende is maar te gretig om te help.


RAM 21 Mrt. – 20 Apr.
As jy met ander mense te doen kry – veral by die werk, skool of kollege – moenie onvoorbereid inspring nie. Hoe meer versigtige beplanning jy doen, hoe beter sal die resultate wees. Dit gaan egter nie sommer oornag gebeur nie.


BUL 21 Apr. – 21 Mei
Dink jy oor geldsake? Wat gesamentlike finansies betref, probeer jou bes om ’n paar ekstra rande opsy te sit om onverwagte uitgawes oor die volgende paar weke te dek. Slim Bulle sal goeie voorsorg tref.


TWEELING 22 Mei – 21 Jun.
Beloftes is goedkoop! Jy is vurig om iemand in nood te help, maar moenie hulp of geld aanbied wat jy nie het om uit te deel nie. Wees meer realisties oor wat jy werklik kan bydra.


KREEF 22 Jun. – 23 Jul.
Jy kan vandag verwag om in allerlei rigtings getrek te word terwyl ’n magdom verantwoordelikhede en mense om jou aandag meeding. As jy jou spoed aanpas, sal jy minder gestres voel.


LEEU 24 Jul. – 23 Aug.
As jy oorentoesiasties, opgeblase en eiewys voel, sal ander mense jou vandag terug aarde toe bring. Moet ook nie ’n alleenloper-Leeu wees nie. Hoe meer van ’n raadgewer jy kan wees, hoe beter.


MAAGD 24 Aug. – 23 Sep.
Duidelike en bondige kommunikasie is die geheim tot ’n suksesvolle dag. Wat twis tussen vriende of gesinslede betref, strewe daarna om regverdig en gebalanseerd te bly. Daar is altyd minstens twee kante aan elke storie.


WEEGSKAAL 24 Sep. – 23 Okt.
Traak-my-nie-agtige Weegskale kan ’n lui klomp wees, maar vandag se sterre voorspel die teenmiddel vir ’n sloerdery. Daar is heelwat take om af te handel. Lig dus jou lyf en kom aan die gang!


SKERPIOEN 24 Okt. – 22 Nov.
Wat geldsake of jou daaglikse roetine betref, is dit die perfekte tyd om jou langtermynplan te hersien of ’n vaste nuwe strategie uit te werk. Venus en Saturnus moedig jou ook aan om meer verantwoordelik en vriendelik te wees.


BOOGSKUTTER 23 Nov. – 21 Des.
Baie mense sal vandag vreeslik ernstig wees. Probeer dus verrigtinge ’n bietjie ophelder met jou Boogskutter se sin vir humor. Moet dit net nie oordoen nie. Bly ook weg van verbode onderwerpe en sensitiewe sake.


STEENBOK 22 Des. – 20 Jan.
Hoe meer jy insink in die Steenbok-beheerbeheptheidsmodus, hoe meer probleme gaan jy met mense tuis en by die werk optel. Die dag gaan die beste werk as jy kreatiewe oplossings vir huidige probleme soek.


WATERDRAER 21 Jan. – 19 Feb. 
Die toekoms hang van die doelwitte af wat jy nou aan jouself stel. Die ernstige Saturnus vereis dat jy jou aspirasies ambisieus maar ook prakties hou. Harde werk en geloof in jouself gaan jou op die duur daar kry.

VISSE 20 Feb. – 20 Mrt.
Met Saturnus wat deur jou beroepsone drentel, lyk die pad vorentoe met klippe besaai en gaan daar ompaaie opduik. Dit is dus tyd vir vasberade Visse om die uitdaging met volop smaak te aanvaar!

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017