Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Die Son/Neptunus-verbinding kan vandag tot heelwat verwarring lei.

AS JY VANDAG VERJAAR

Ander mense bewonder jou energieke en geesdriftige benadering tot die lewe. 2017 is die jaar om op jou doelwitte en drome vir die toekoms te fokus.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie vandag in ’n see van verwarring verlore raak nie. As jy vooruit dink en beplan sal dit jou ver bring terwyl jy inligting verwerk voor jy optree. Hou aan om aan ’n langtermyndoelwit te werk.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy is gretig om vandag ’n bietjie ernstige werk afgehandel te kry. Projekte wat studie en navorsing insluit, lyk gunstig. As jy nie al die feite behoorlik nagaan nie, gaan foute waarskynlik voorkom.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Konflik en verwarring kan ontstaan tussen werk en verhoudings, aangesien professionele verantwoordelikhede voorkeur geniet. Jy dink dalk jy weet hoe iemand voel, maar jy is verkeerd.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Werk of opleiding gaan vandag uitdagend raak aangesien jy ’n taak in ’n onrealistiese kort tydperk moet afhandel. Moenie energie mors deur te kla nie. Laat sak net jou kop en werk.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die Son/Neptunus-posisie belemmer jou styl. Geliefdes kan jou dalk teleurstel deur nie jou kreatiewe genialiteit te waardeer nie. Onthou net jy is uitnemend, selfs al word jy nie deur almal toegejuig nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

’n Geliefde gaan jou vandag verwar. Moet dus nie ’n tweede raaiskoot probeer waag oor wat hulle gaan sê of doen nie. Hou jou liewer besig met interessante projekte en verfrissende fisieke aktiwiteite.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy gaan dalk vandag moeg en mismoedig voel, want jou doenlysie word langer en jou motivering en energievlakke daal. Dit is net ’n fase wat sal verbygaan. Rol jou moue op.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Kommunikasie met ’n vennoot, kind of vriend gaan anders wees en misverstande sal waarskynlik kop uitsteek. Dit is nie ’n goeie tyd om duur aankope te doen nie, aangesien jy dit dalk later gaan berou.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

As jy nie briek aandraai en die pas markeer nie, gaan jy jou reg in die middel van ’n tamaai misverstand bevind. Neem dus jou tyd en moenie alles glo wat jy hoor nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Vandag gaan jy nie lus wees om sosiaal te verkeer nie. As jy reis, maak seker om alle reëlings dubbel na te gaan. Hoe meer georganiseerd jy is, hoe skraler is die kans dat dinge later sal skeefloop.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy kan vandag verwarring rakende ’n finansiële kwessie verwag. Die sterre moedig jou aan om met ’n slim en uitgeslape plan vorendag te kom om jou kontantvloei te verhoog. Kry ’n tweede mening.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy kan vandag meegevoer raak met onrealistiese planne, veral by die werk. Om te keer dat jy jouself en ander teleurstel, moet jy op die hoogte van sake bly en fantasieë vir die rolprentwêreld los.

© Joanne Madeline Moore