JOU DAG

As jy nie duidelik kommunikeer nie, gaan daar misverstande wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ongeduldig en jy hou daarvan om dinge gedoen te kry. In die komende jaar moet jy jou energie fokus, die pas markeer en ’n bietjie gereelde ontspanning by jou besige skedule invoeg.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme, hoe meer julle jul prioriteite reg hou, julle voorberei en die pas markeer, hoe beter sal die dag verloop. Onderdruk egter die drang om rond te skarrel, ander mense te kritiseer of te kla oor gesamentlike finansiële reëlings.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dit is ’n goeie dag vir sakegeoriënteerde Bulle ... mits jy gedissiplineerd is en ’n poging aanwend om duidelik te kommunikeer. Ruim ook tyd in by jou bedrywige lewe vir ’n gereelde oefenroetine.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Die sterre is nie gunstig vir belangrike vergaderings, delikate onderhandelings of saketransaksies nie, aangesien jy geneig is om oorhaastig te wees, swak te kommunikeer of jou aandag op vermeende negatiewe dinge te fokus.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy is in ’n bui om kompromieë aan te gaan, aangesien Venus harmonieuse vibrasies na jou verhoudingsone stuur en jy streef na vrede in jou vennootskappe. Maak die meeste daarvan solank dit hou!

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Haai, Katte – die sterre moedig jou aan om kreatiewe en proaktiewe maniere uit te dink om meer geld te maak. Verhoging van jou kontantvloei – terwyl jy besteding verlaag – is die sleutel tot toekomstige sukses.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Die tyd is ryp om vriendskappe te koester, en maak seker dat jy jou deel doen ten opsigte van verhoudings. Dit gaan ontstellend wees om met geliefdes te kommunikeer, maar ’n tikkie geduld sal jou deurdra.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Jy is nie gretig om hope harde werk aan te pak nie. Weegskale, wat lief is vir ontspanning, is in die luim vir ’n lui, lomerige dag. Kulturele gebeurtenisse trek jou aandag, want jy waardeer die kreatiewe talente van ander mense.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Dit werk gewoonlik goed vir opmerksame Skerpioene om te wag vir geleenthede om na hulle toe aan te kom, maar dit is tans nie die geval nie. As daar iets – of iemand – is wat jy regtig graag wil hê, sal jy proaktief moet wees.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Met die son wat in die sone van jou sosiale media skyn, is jy gretig om jou kreatiewe idees wêreldkundig te maak. Maar – as jy te ongeduldig is – kan jy die verkeerde boodskap uitsaai.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jupiter beweeg deur jou reissone, dus is dit die ideale tyd om op reis te gaan of een vir die nabye toekoms te beplan. Kontak met oorsese vriende is ook gunstig.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Dit gaan vandag maklik wees om die verkeerde ding vir die verkeerde mens te sê. Maar as jy die olyftak van vrede aanbied, sal misverstande gou opgeklaar en problemeopgelos word.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Gaan staan stil en ruik die rose, Visse! Jy is vandag gretig om ander te help, maar maak seker jy ruim ook tyd in vir jou eie dinge. Alleentyd is tans noodsaaklike voedsel vir jou siel.