JOU DAG

Emosies en verhoudings gaan onvoorspelbaar wees, dus kan jy jou gereed maak vir verrassings.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is hulpvaardig en bedagsaam, en jy reël jou lewe graag . . . en almal s’n rondom jou. Maak net seker jy los genoeg ruimte vir pret en plesier.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jou gewone roetine verveel jou en jy smag na opwinding en geestelike stimulasie. Intieme vriendskappe raak ingewikkeld, dus moet jy dalk liewer aan persoonlike projekte aandag skenk.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Baie Bulle sal vandag gespanne en liggeraak voel, want jou streng program word deurmekaargegooi. Stresvlakke gaan hoog wees – en geduld min – pas dus aan en probeer ’n bietjie ontspan deur dinge net te vat soos dit kom.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Voel jy effens afgemat? Jy kort dalk ’n behoorlike hupstoot om jou vandag weer in ’n werkluim te kry. Dis ook tyd om jou geliefde met ekstra takt en sorg te behandel.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Vandag se sterre versterk jou gevoelens – en kan jou dalk ekstra buierig maak. Vermy onderwerpe, emosionele valstrikke en voorbarige mense wat jou verkeerde knoppies druk. Probeer jou bes om koelkop te bly.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Waar ’n voortslepende probleem met ’n geliefde betrokke is, is daar niks anders te doen as om saam met hom/haar te gaan sit en gesels oor alles nie. Dan kan julle albei weer met jul lewe voortgaan.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Betroubare Maagde hou nie van onderbrekings nie en vandag gaan heelwat daarvan voorkom aangesien die lastige planete jou normale roetine omverwerp. Probeer ontspan en dinge stap-vir-stap aanpak.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

’n Intieme verhouding gaan onvoorspelbaar raak aangesien die ander mens op ’n verstommende manier optree. Moenie toelaat dat ’n gesloer jou onderkry nie. Dis tyd om vas te byt en ’n oorwoë besluit te neem.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Moenie probeer om mense en situasies te beheer nie. Die planete stuur vandag ’n draaibal in jou rigting – veral wat werk en gesondheid betref. Hoe meer hardkoppig jy is, hoe meer intens gaan die dag raak.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

’n Verhouding met ’n kind of vriend kan dalk ongewoon gespanne raak. Verwag die onverwagte. As sommige van jou vriende jou verveel, is dit dalk tyd om by ’n kreatiewe nuwe groep in te skakel.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Dit gaan moeilik wees om huis en werk te balanseer terwyl ’n onverwagte probleem opduik en aandag vereis. ’n Familielid kan ook dalk jou vere deurmekaarkrap. Probeer buigsaam wees.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Intieme verhoudings neem baie van jou tyd en energie in beslag. Weerstaan die drang om iets uit te blaker waaroor jy jou later kan berou. ’n Mens kan ’n brug gou afbrand, maar dit neem heelwat langer om te herstel.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Vermy groot skuiwe met geld aangesien die sterre jou geldsone deurmekaarkrap. Skielike winste – en verliese – is moontlik oor die volgende paar weke, dus moet jy dinge deeglik deurdink en versigtig vorentoe beweeg.