JOU DAG

Vandag word skeppendheid en gesprekvoering beklemtoon.

AS JY VANDAG VERJAAR

Waar jou gevoelens betrokke is, is dit ’n geval van stille waters, diepe grond. 2017 is die jaar om meer harmonie en balans in jou besige wêreld in te bring.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Vurige Ramme doen niks halfhartig nie. Met vandag se stimulerende en impulsiewe sterre is die kans goed dat jy oorboord sal gaan met ’n projek of ’n verhouding. Maak net seker jy maak dit waarmee jy begin het, klaar.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Dit is tyd om jou verhoudings met geliefdes en kollegas te verbeter. Vermy ook die versoeking om ’n hardkoppige Bul te wees. Jy sal baie verder vorder met ’n prettige en buigsame benadering.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Wat intieme verhoudings betref, gaan kommunikasie makliker as gewoonlik wees, want Venus help suiwer troebel waters. Kontak met ’n kosmopolitiese, internasionale vriend word ook bevoordeel.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Moenie vandag bang wees vir diep gevoelens nie. Jy is goed daarmee! Kry jou inspirasie by die Blues-sanger en kitaarspeler Bonnie Raitt, wat vandag verjaar: “Ek sal liewer uiterste gevoelens ervaar as om hoegenaamd niks te voel nie.”

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Met die Maan wat deur jou verhoudingsone beweeg, is die tyd geleë om ander eerste te stel. As jy jou vurige energie inspan om familie en intieme vriende te help, gaan jy ’n puik dag beleef.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dit is tyd vir veelsydige Maagde om aan die gang te kom! Wat vriende, familie, bure, die sosiale media en reis betref, sal die eindresultaat beter wees hoe meer kreatief jy is.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Vandag se goeie sterre bevoordeel kreatiwiteit, kameraadskap, vermaak en sosiale geleenthede. Benut ook die geleentheid om jou te bederf met ’n bietjie strelende, persoonlike Weegskaal-pamperlang.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Geldsake lyk rooskleuriger met Venus wat help om jou neseier op te bou. ’n Gesinslid of kollega kan ook dalk help met ’n bietjie verbasend goeie finansiële raad.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Alle soorte studie en kommunikasie word bevoordeel. Jy is ook gretig om iets nuuts te leer en dit met ander te deel. Reis en studie is moontlik aangesien jou nuuskierigheid aangevuur word.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Moenie toelaat dat jou werk jou hele lewe oorheers nie. Kry inspirasie by Bonnie Raitt, wat vandag verjaar: “Ek dink ons het die verantwoordelikheid om werk te maak van dit waarin ons glo, ongeag watter soort werk ons doen.”

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Hoe meer kreatief en skeppend jy by die werk is, hoe beter gaan jou dag raak. Soek jy werk? Moenie die vele kontakte wat jy in jou familie- en vriendekring opgebou het, miskyk nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Bekommer jy jou oor ’n geldprobleem? As jy aanhou doen wat jy doen, gaan jy net aanhou kry wat jy kry. Dit is dus dalk tyd vir ’n nuwe, meer intuïtiewe benadering.

© Joanne Madeline Moore