Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Die sonsverduistering is ’n tyd van hernuwing, aangesien ons ’n skoon blaadjie omdraai en van nuuts af begin.

AS JY VANDAG VERJAAR

2016 sal baie nuwe uitdagings en verrassende ompaaie inhou, maar as jy realistiese doelwitte stel – en geduld aan die dag lê – sal jy verblydende vooruitgang maak.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Met die sonsverduistering in die Visse wat jou fantasiesone belig, kom jou motto vir die dag van Dr. Seuss, die skrywer wat ook onder die teken van die Visse gebore is, af: “Fantasie is ’n noodsaaklike bestanddeel van die lewe … dit stel jou in staat om vir die werklikhede van die lewe te lag.”

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Bulle – is julle tot in jul siele verveeld? Die sonsverduistering spoor julle aan om opwindende doelwitte en uitdagings vir die res van die jaar uit te dink. Moenie probeer om alte versigtig te wees nie. As jy jou inspan, sal jy die vrugte van jou pogings pluk.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Rusteloos by die werk? Die sonsverduistering bring vars idees en geleenthede in jou professionele lewe in. Maak net seker jy is georganiseerd sodat jy kan voordeel trek uit gelukkige deurbrake wat na jou kant toe kom.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Haai, Krewe – die sonsverduistering belig jou latente avontuurlike geaardheid. Dit sal dus ’n fantastiese plan wees om ’n oorsese vakansie, ’n reis tussen die Amerikaanse state of ’n wegbreeknaweek binnekort te beplan – na ’n plek wat wild is.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die sonsverduistering gee jou ’n inspuiting van subtiele energie net toe jy dit nodig het. En dit dui ook op ’n nuwe begin vir ’n gesamentlike finansiële reëling. Wees egter versigtig vir die neiging om te veel te belowe en te min te doen.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Verbonde Maagde – ’n romantiese opkikkering is moontlik terwyl jy nuwe maniere vind om ’n moeë ou verhouding weer woema te gee. Vir sommige enkellopendes gaan die vonke spat met ’n smeulende Skerpioen, ’n warm Steenbok of ’n passievolle Vis.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Weegskale kan ’n tikkie té gerus wees. Vanaand se sonsverduistering verlig jou gesondheidsone, dus is dit hoog tyd om jou lyf aan die roer te kry deur met ’n opwindende nuwe oefenprogram, wat buigbaar en prettig is, te begin.

SKERPIOEN, 24 Okt.- 22 Nov.

’n Uitdagende situasie met ’n kind of ’n tiener gaan oor die volgende paar maande verander, wanneer die sonsverduistering ou gedragspatrone wegvee en dit met baie groter meelewendheid vervang.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Is jou huislike lewe in die stiltegordel? Die sonsverduistering belowe ’n vars begin in die vorm van ’n troue, swangerskap, die koop van eiendom, vernuwing, trek of ’n nuwe huismaat gedurende die komende jaar.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Heeldag se werkery en geen ontspanning nie, is die resep vir ’n morrende Bok. Die sonsverduistering moedig jou aan om kreatiewe maniere te soek om ’n bydrae te lewer deur jou aansienlike Steenbok-talente aan verdienstelike sake in jou plaaslike gemeenskap te wy.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Verwar jou finansiële toekoms jou? Met die sonsverduistering en newelagtige Neptunus in jou finansiële sone moet jy geen groot skuiwe maak totdat jy al die tersaaklike feite agtermekaar het nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die sonsverduistering vanaand stimuleer jou sone, dus is jy op jou inspirerende Visse-beste – en jou irriterendste slegste. Hoe meer kreatief en deernisvol jy optree, hoe minder verward sal jy voel.