JOU DAG

Jy het goeie sterre om kwessies behoorlik te beskou.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n ware individu, maar moet ’n positiewe uitlaatklep vir jou dinamiese energie vind. Sukses wag in 2016, maar slegs met geduld, volharding en harde werk.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Met Uranus in jou teken is dit belangrik om die ware jy te wees. Put inspirasie uit die groot sanger, liedjieskrywer en digter Jim Morrison se woorde: “Die belangrikste soort vryheid is om te wees wie jy regtig is.”

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dis tyd om kwaliteittyd saam met geliefdes te bestee. Jy fokus op naby verhoudings en werk daaraan om meer te gee en minder te neem. Die omstandighede is gunstig vir gesamentlike ondernemings.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Gesellige Tweelinge hou daarvan om hul eie stem te hoor, maar jy hoef nie die heeltyd te praat om jou punt te bewys nie. Vandag is een van daardie dae dat swye goud is.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Probeer meer sensitief teenoor ’n kind, tiener of vriend wees. Konsultasie is die wagwoord. Dis ook tyd om sinlose besteding vir ernstige spaar te verruil. Jy moet versigtig na jou neseier omsien.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Met die maan en Venus wat deur jou sone vir huishoudelike sake beweeg is dit die ideale tyd om die geselskap van familie en vriende in jou tuiste te geniet. Moenie by jou werkplek moeilikheid maak nie.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Is jy ongewoon subjektief oor ’n probleem? Laat jou hart en verstand saamspan om ’n oplossing te vind. Koester jou konneksies in jou gemeenskap – wie weet waarheen dit mag lei?

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Soek kreatiewe maniere om jou kontantvloei te verbeter, besigheid te vermeerder of in ’n kits werk te kry. Dis belangrik om slim te netwerk. Dis nie wat jy weet nie, maar wie jy ken.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Venus beweeg tot 30 Desember deur jou teken. Probeer dus om so sjarmant en behulpsaam moontlik wees. Maak seker jy beïndruk met jou kleredrag as jy werk soek.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jou sonnige glimlag verbeter die bui van die mense om jou. Jy is positief oor ’n uitdaging, maar daar is ’n fyn lyn tussen om optimisties en onrealisties te wees.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Dis tyd om te kuier en gesels. Die omstandighede is goed vir allerhande aktiwiteite. Moenie by ’n stryery met ’n huismaat of kollega betrek word nie.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Venus besoek tot 30 Desember jou loopbaansone. Die volgende drie weke behoort ’n goeie tyd by die werk te wees. Dis ook die ideale tyd om vir bevordering, ’n verhoging of nuwe werk aansoek te doen.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is vandag baie kreatief en deernisvol. Jy voel intuïtief aan hoe ’n gesinslid of vriend voel. Dis ook tyd om jou verhouding met oorsese konneksies te koester.