JOU DAG

Jy kan vandag ’n kreatiewe en produktiewe dag verwag, dus moet jy jou energie op toepaslike maniere gebruik.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n veelsydige en talentvolle mens. Jy moet oor die komende 12 maande leer om af te wentel en te ontspan, anders gaan jy in vlamme ontplof!

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die Son en Mars beweeg tans deur jou kreatiwiteitsone.  Boonop moedig vandag se sterre jou aan om so spontaan en produktief moontlik te wees.  Dan gaan jy werklik ’n paar doele skop.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Skiet vandag uit jou gewone roetine en doen iets heeltemal anders, Bul. Jy kan miskien iewers heen gaan waar jy nog nooit vantevore was nie of jy kan weer kontak maak met ’n ou vriend of kollega.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Poog om met ’n wye verskeidenheid van mense aanlyn of in jou gemeenskap te kommunikeer.  Streef om die balans reg te kry tussen die volhouding van bestaande vriendskappe en die kry van fantastiese nuwe pelle.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Versigtige Krappe – dit is nie tans ’n resep vir sukses om professionele probleme te systap nie.  As jy proaktief en volhoudend optree teenoor kollegas, sal jy gou vooruit zoem.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy sal verbaas wees oor hoeveel vordering jy gaan maak as jy ekstra geduldig is teenoor ’n weerspannige gesinslid. Vandag word alle vorme van studie, reis en avontuur boonop ook beklemtoon.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Het jy probleme met ’n gesinslid of ’n intieme vriend? As jy sy/haar sienswyse respekteer en terselfdertyd nuwe idees invoer, behoort die verhouding verrassend goed te vorder.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Weegskaal in ’n verhouding, jou maat kan jou moontlik met ’n onverwagte geskenk of ’n ongewone voorstel verras. Enkellopend? Moenie op dieselfde ou plekke liefde soek nie. Probeer om baie meer avontuurlik te wees.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Dis vandag ’n geval van oos, wes, tuis bes, Skerpioen, terwyl jy jou geliefdes koester en allerhande agterstallige sleurwerkies by die huis takel. Vind ook kreatiewe maniere om jou huis gelukkiger en meer harmonieus te maak.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Probeer jou bes om die verhouding tussen georganiseerdheid en spontaniteit reg te kry.  Dan sal jy ’n produktiewe dag hê. Gemeenskapsprojekte en sosiale netwerkvorming word veral bevoordeel. 

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Steenbokke kan maklik in ’n groef verval by die huis. Vandag is ’n fantastiese dag om jou huislike lewe op te klits terwyl jy huisskoonmaak, rommel weggooi of herorganiseer.  Jy gaan fantasties voel as jy klaar is!

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

As jy vandag intellek met innovering kombineer, gaan jy wonderlike oorspronklike dinge uitdink, Waterdraer. Wat liefde betref, is jy in die bui om waaghalsig, ontwrigtend en dwarstrekkerig te wees.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die Son en Mars is in jou welsynsone, dus moet jy proaktief wees in die koestering van jou liggaam deur middel van voedsame en heerlike kos,  Soek ook ’n vorm van fisiese oefening wat jy werklik geniet.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.