pisces-hg-w

JOU DAG

Die sterre bevorder vandag kommunikasie, opleiding en reis.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n wonderlike samestelling van verbeelding en sensitiwiteit. 2017 is die jaar waarin jy meer betrokke behoort te raak by jou plaaslike gemeenskap.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Tweerigtinggesprekke is die geheim van ’n suksesvolle dag. Hou dus die kommunikasiekanale wyd oop, Ramme. En weerstaan die versoeking om geheimsinnig te wees teenoor familie en vriende.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die planete belig jou vriendskap- en netwerkvormingsones; dus wil jy graag met ander mense in verbinding tree. Die tyd is nou geleë om idees in werking te stel en jou invloed in jou vriendekring te laat geld.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Dis ’n goeie dag om met kollegas te gesels en jou lessenaar of werkruimte reg te pak. Duidelike en volgehoue kommunikasie is tans die sleutel tot gladde betrekkings in die werkplek.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Persoonlike projekte en vriendskappe word bevoordeel terwyl jy inskakel by vriende wat naby of ver is. Die dag sal die beste verloop as jy jou kreatiewe idees deel, maar nie vanaand besitlik optree nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Vandag se planetêre patrone is hoogs bevorderlik vir werk, studie, sake, reis en sosialisering. Die geluksgodin is aan jou kant terwyl jy goeie veranderings teweegbring en opwindende nuwe uitdagings aanvaar.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Alle soorte vennootskappe kry vandag ’n welkome hupstoot. Die Son en Mercurius verhoog optimisme en help jou om ’n wankelrige verhouding, wat probleme ondervind het, te red en te herlaai.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Vermy maklike oplossings betreffende ’n moeilike verhoudingsprobleem , Weegskaal. Sukses sal wel volg as jy geduldig en deernisvol is, en feite soek wat diep onder die oppervlak versteek is.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Vriendskappe en die vorming van sosiale netwerke word vandag belig, terwyl jy jou kontakte oor landsgrense heen uitbrei. Sorg net dat jy nie vanaand by ’n konfrontasie met ’n geliefde betrek word nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Het jy frustrerende probleme met ’n familielid of vriend ervaar? Vandag se sterre moedig jou aan om dinge uit te praat. Hoe meer sensitief en deernisvol jy is, hoe beter sal die uiteinde wees.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Reik uit en help mense in jou familie- en vriendekring, sowel as in jou plaaslike buurt. Die verbintenisse wat jy nou in die gemeenskap koester, sal in die toekoms voordelig wees.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy gaan heelwat tevredenheid kry deur by te dra tot sake in jou plaaslike gemeenskap – en selfs verder. Jy kan werklik ’n verskil maak met jou vernuwende Waterdraer-idees.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is in die bui om kontak met mense te hê en jouself te vertroetel, terwyl jy aan gemoedelike gesprekke deelneem en die klein weeldetjies van die lewe geniet. ’n Kreatiewe idee wat jy tans het, kan jou banksaldo eendag ’n hupstoot gee.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017