JOU DAG

Die sterre bevoordeel goedhartigheid, kreatiwiteit en meelewing.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die planete gaan aanstaande jaar onderbrekings en verrassings in jou rigting stuur. As jy te veel hooi op jou vurk het, moet jy nie aarsel om jou trots te sluk en ander om hulp te vra nie.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy ontdek inligting oor ’n geliefde, dus is daar vandag heelwat geheimsinnigheid. Of dalk vertel iemand jou iets streng vertroulik? Die vraag is: Kan jy ’n geheim bewaar?

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jy voel vandag miskien verward oor jou doelwitte en toekomsdrome. As jy dinge met ’n vertroude vriend/in of ’n geliefde bespreek, sal dit jou in ’n belowende nuwe rigting stuur.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Streef by die werk daarna om kreatief eerder as verward te wees. Koel samewerking en duidelike kommunikasie sal jou aansienlik verder bring as konfrontasie; probeer dus grasieus en gemoedelik wees.

KREEF 22 Jun.- 23 Jul.

Kreatiwiteit loop hoog terwyl jy besig raak met ’n projek of ’n kreatiewe manier vind om ’n probleem op te los. Almal sal daarby baat vind as jy ekstra meelewend is teenoor ’n kind, tiener, ouer of vriend/in.

LEEU 24 Jul.-23Aug.

Jou groter as lewensgroot Leeu-verbeelding is aangevuur, maar as jy te meegevoer raak, gaan jy die grens tussen feit en fantasie laat vervaag. Wees deernisvol wat ’n probleem met ’n geliefde betref.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Jy is wil vandag kreatief kommunikeer. Wat ’n geliefde betref, gaan jy vind ’n subtiele en sensitiewe benadering werk die beste.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Dagdromery oor projekte gaan nie die werk gedoen kry nie. Fokus daarop om kreatiewe idees in dinamiese optrede om te skakel en wees meer deernisvol teenoor ’n vriend/in of kollega wat jou hulp nodig het.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

’n Kind, tiener of vriend/in het dalk ’n bietjie kreatiewe inspirasie nodig aangesien hy/sy tydelik momentum verloor of uitstel wat ’n projek betref. Streef dus daarna om hom/haar taktvol in die regte rigting te stuur.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Moenie ’n huishoudelike drama stormloop voor jy weet wat die hele situasie behels nie. ’n Familielid het jou sy/haar kant van die storie vertel, maar hy/sy kon belangrike inligting weggelaat het.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Saturnus oorwinter in jou eensaamheidsone, dus is dit tyd om die besige daaglikse trapmeul te verlaat en na te dink oor waarheen jy op pad is. Jou doelwitte en drome kort miskien ’n paar kreatiewe plukke, of hoe?

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Moenie toelaat dat ’n vriend/in of sakekennis jou ’n rat voor die oë draai wat geldsake betref nie. Gaan die feite na voor jy enige beloftes maak of ooreenkomste teken. As jy dan steeds twyfel, kry ’n tweede mening.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is vandag besonder gevoelig wat jou omgewing betref. Bring tyd deur op plekke wat jou positief laat voel en opbeur. Maak ook seker jy omring jou met inspirerende mense wat jou hart laat sing.

© Joanne Madeline Moore