JOU DAG

Die verband tussen die son en Pluto sorg vir ’n onbestendige 24 uur.

AS JY VANDAG VERJAAR

In 2016 is daar ’n skakel tussen werk en reis. Jy brei jou huidige kontakte uit om ’n invloedryke, internasionale, nuwe groep in te sluit. Vir enkellopendes wag daar liefde aanlyn.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die volgende 24 uur lyk nogal spanningsvol, want iets of iemand irriteer jou en beproef jou beperkte geduld. Moenie jou tot ’n projek verbind voor jy al die nodige navorsing gedoen het nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Verhoudinge lyk problematies met jou of ’n geliefde se bevele en ultimatums. Meer kompromieë en groter samewerking is nodig as jy trane wil vermy.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Vandag is die omstandighede gunstig vir kommunikasie, kontak en gesprekke met ander op kreatiewe maniere. Maar vermy dit om by ’n argument oor sake-aangeleenthede of gesamentlike geldsake ingetrek te word.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Moenie te swart en wit oor verhoudingskwessies dink nie. Daar is baie grys areas en jy is besig om te onderhandel en jou weg te baan deur ’n veranderende romantiese landskap.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Daar wag moontlik magstryde, veral met gesagsfigure of kollegas. Jy sal vind hoe meer eise jy stel hoe moeiliker sal die dag wees.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jy is vandag baie spraaksaam, maar ook baie onsensitief. Jy het baie te sê, maar maak seker jy maak tyd om te luister na ’n bekommerde kind, tiener of vriend.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jy sal dalk ’n paar moeilike vrae oor ’n persoonlike of gesinskwessie moet vra om agter te kom wat werklik aan die gang is. Jy sal nie ver kom as jy so besluiteloos voortgaan nie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die son se verbintenis met Pluto versterk jou temperemanteelheid en drang om sake te beheer. Hoe koppiger jy is hoe moeiliker sal die dag – en nag – wees.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Moenie die positiewe uitwerking onderskat wat jy op die mense om jou kan hê nie. Jy sal persoonlike projekte tydelik moet uitstel omdat jy jou moue oprol en ander help.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Dit sal jou vandag nêrens bring om alles te wil beheer nie. Jy moet geliefdes genoeg persoonlike ruimte en die kans om uit te blink gun sodat dit met jou verhoudings kan goed gaan.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Kommunikeer vandag versigtig met ander. As jy oorhaastig tot gevolgtrekkings kom of ligsinnige opmerkings maak, sal daar misverstande wees. Maak tyd om regtig na ander te luister.

VIS 20 Feb.-20 Mrt. 2

Groepsaktiwiteite lyk problematies met iemand wat probeer oorneem. Jy is van nature geneig om terug te staan, maar hoe meer passief jy is hoe meer spannningsvol sal die dag wees.