JOU DAG
As jy vandag diep oor sake nadink, pas dit die sterre uitstekend.


AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is opgewek en kunstig, dus gaan jy die lewe met groot geesdrif tegemoet. Die tweede helfte van die jaar is die tyd om te ontspan en ’n bietjie pret te hê.


RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Geldsake word belig. Moenie geld mors op ligsinnige selfbederfies en oppervlakkige kleinighede nie. ’n Slim strategie – met die oog op die lang termyn – is die beste pad om te volg.


BUL, 21 Apr.-21 Mei
Venus kuier tot 5 Junie in jou teken. Dit is tyd om te flankeer en ’n paar ou gunste op te roep. Maak seker jy verras dié wat sinies is en verbyster die twyfelaars met jou sjarme.


TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Hoe goed ken jy ’n kollega? Dit is dalk hoog tyd dat jy jou rooskleurige bril afhaal en die werklike mens sien – vratte en al. Jy kan vannag ’n paar helder en dramatiese drome verwag.


KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
As dinge vandag te rof raak, moet jy ’n stil plekkie vind waar jy alleen kan opkrul met jou geliefkoosde musiek of ’n goeie boek. Jy het alleentyd nodig om te hersien, herlaai en herfokus.


LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Het jy ’n frustrerende probleem ondervind met ’n kind, tiener of intieme vriend? Jy sal ou terreine moet besoek terwyl jy die lae afskil om uit te vind wat aangaan.


MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Venus en Mars moedig jou aan om meer energie in die navolging van jou drome te openbaar. Moenie uitstel nie. Dis tyd vir ambisieuse doelstellings. En om dit dan met hope passie en doelgerigtheid te volg.


WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
’n Kwessie met ’n familielid, vriend of buurman moet op ’n ernstige en gedissiplineerde manier benader word. Die probleem gaan nie wonderbaarlik verdwyn nie. Jy sal moet hard werk om ’n blywende oplossing te vind.


SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Jy voel tuis aangesien die Maan deur jou sone beweeg. Dit is die volmaakte tyd om ’n diep emosionele verbinding met iemand wat baie na aan jou hart is, te vertroetel.


BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Jou meelewende sy neem oor en jy is gretig om geliefdes te help. Maak seker ander mense het jou bystand nodig; moenie net instorm en oorneem nie.


STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Wat ’n vurige verhouding met ’n prikkelbare kind, tiener of vriend betref, moet jy nie dinge op dieselfde ou manier opklits nie. ’n Samewerkende benadering bring belonings, mits Venus help.


WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 
Vir ’n avontuurlike Waterdraer is dit tyd om uit jou gewone roetine te kom en iets opwindends en nuuts te doen. Anders kan jy rusteloos, roekeloos en rebels voel.


VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Venus en Mercurius is in jou kommunikasiesone. Jy is gretig om met ander mense te verbind en te gesels. Sosialisering met die gesin, bure en vriende word beklemtoon. Julle kan alte lekker kuier.


Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017