Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Streef vandag daarna om die balans tussen kop en hart reg te kry.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy hou daarvan dat die lewe glad verloop en kan gefrustreerd raak as probleme en vertragings opduik. Weerstaan die versoeking om in 2017 so erg krities teenoor jouself en ander mense te wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy gaan nie vandag besonder gesellig voel nie, maar dit hoef nie ’n probleem te wees nie. Sit ’n bietjie gehaltetyd opsy vir ’n spesiale mens – jouself. Alleenheid is tans sielskos vir jou.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

’n Groepaktiwiteit lyk ingewikkeld, aangesien sommige mense aannames maak oor dit wat ander mense doen. Dit is jou taak om dinge reg te stel – op ’n kreatiewe en samewerkende wyse.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Geliefdes dien as ’n spieël aangesien hulle aspekte van jou -- wat jy nie wil sien nie -- na jou toe terugkaats. ’n Werkaangeleentheid gaan vandag ’n groot deel van jou tyd en energie in beslag neem, dus moet jy dienooreenkomstig beplan.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Venus is nog twee dae in jou verhoudingsone; dus lyk romantiese en sakevennootskappe gunstig. Weerstaan ooremosionele en deurmekaar pratery. Streef na meer verbale noukeurigheid.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Markeer die pas. Maak seker jy neem jou tyd en is nie oorhaastig wanneer jy boekwerk moet doen of rekenings betaal nie. Vriende gekombineer met finansiële sake kan tot ’n gemors lei; probeer om die twee apart te hou.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Vandag kan emosionele verwarring tussen jou en ’n geliefde ontstaan, maar moenie bekommerd wees nie. Julle het albei ’n bietjie ruimte nodig om jul gevoelens uit te pluis. Dinge sal môre aansienlik blinker lyk.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

’n Klein misverstand kan jou gewone daaglikse roetine omvergooi, maar moenie daaroor stres nie. Die joviale Jupiter verklaar: “Moenie ’n berg van ’n molshoop maak nie.” Bepaal jou aandag by positiewe aspekte.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Kommunikasie met familie en intieme vriende lyk vandag ingewikkeld. Wedersydse voordele is verbonde aan sport of ’n stokperdjie saam met ’n geliefde. Moenie onmiddellik resultate verwag nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

’n Brose gesinslid het vandag ekstra deernis nodig. Moet dus nie instorm en die eerste ding wat by jou opkom, uitblaker nie. Streef daarna om ’n meer subtiele en sensitiewe Boogskutter te wees.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

’n Bietjie verwarring kan bestaan tussen dit wat jy aanneem iemand dink en dit wat hulle werklik dink. Ruim dus tyd in om deur ’n lang, behoorlike gesprek met hulle uit te vind wat aangaan.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Deurdink dinge behoorlik wanneer jy ’n belangrike besluit moet neem rakende finansies of professionele of persoonlike aangeleenthede. Moenie die stemmetjie in jou binneste ignoreer nie. Breinkrag en intuïsie kan saam ’n kragtige kombinasie wees.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Probeer jou bes om ’n ingewikkelde werkaangeleentheid met ’n gekombineerde kop/hart-benadering die hoof te bied. Andersins kan ’n groot gaping ontstaan tussen jou aannames en die eintlike werklikheid.

© Joanne Madeline Moore