JOU DAG

Die sterre lyk gunstig vir kommunikasie, gesprekke en kreatiewe projekte.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het opwindende en verbeeldingryke drome en doelwitte. Moet jouself nie isoleer nie; maak seker dat jy geliefdes by jou toekomsplanne betrek.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die huis is waar die hart is vandag terwyl jy ’n konstante stroom versoeke van geliefdes ontvang. Hoe meer geduld jy met ’n uitmergelende familielid het, hoe meer positief sal die eindresultaat wees.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Oorweeg die gevolge goed van dit wat jy sê. As jy vandag moeite doen om duidelik met gesinslede te kommunikeer en na hul bekommernisse luister, sal dit vrugte afwerp.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Kreatiwiteit en empatie loop hoog, maar daar is ook ’n neiging om jou energie die wêreld vol te strooi. Fokus daarop om dinge vandag klaar te kry, veral waar finansies en werk betrokke is.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Positiewe aspekte beloof om die dag uitstekend te laat afloop vir slim Krewe. Aktiwiteite wat kommunikasie, opvoeding en reis insluit, word uitgelig. Maak die beste van geleenthede wat na jou kant toe kom.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Aanvaar huishoudelike pligte vandag met ’n huppel in jou stap. ’n Geliefde kan jou vir gesonde raad en woorde van wysheid nader. As jy na binne kyk, sal jy presies weet wat om te sê.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Moenie eensaam wees nie. Spanpogings lyk gunstig terwyl julle idees met mekaar deel en jul talente bymekaargooi om iets spesiaals te skep. Die krag van die groep is aan jou kant.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Met die son wat tot 23 Julie op jou beroepsone skyn is dit tyd om ’n leiersrol by die werk te aanvaar. Mercurius en Venus sal jou help om op slim en kreatiewe maniere met kollegas te kommunikeer.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Maak gereed vir ’n wonderlike dag. Positiewe Mercurius-aspekte plaas jou in ’n bui vir avontuur, reis, leer, kreatiewe projekte en om kontak te maak met vriende tuis en oorsee.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Verbonde Boogskutters, vertroetel jou maat met ekstra liefde en verras hulle vandag deur saam iets avontuurliks te doen. Enkellopendes, soek liefde by iemand buite jou gewone vriendekring.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

As jy die verhouding tussen voorbereid en spontaan wees kan regkry, sal jy ’n wonderlike dag beleef. Balans is die wagwoord. ’n Geliefde kan jou ontstel deur ’n verrassende skuif te maak.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Vandag se planetêre patrone is volmaak om vordering te maak by die werk. Moet egter nie onmiddellik volmaakte resultate verwag nie. Soms lei foute jou in wonderlike nuwe rigtings.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die tyd is uitstekend om jou idees en gevoelens met ’n intieme vriend te deel. Hoe meer openlik jy oor jou persoonlike ervarings praat, hoe meer bevredigend sal jul verhouding wees.