JOU DAG

Die maan is in die Skerpioen-teken, wat jou emosies laat verdiep.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n ontsaglike talent om van probleme te herstel. In 2016 moet jy meer produktief en minder selfvoldaan wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Mercurius se hoek met Mars bring jou geneigdheid om woorde as wapens te gebruik na vore. Koel af, Ramme! Dit vat nie veel om seermaakwoorde kwyt te raak nie, maar dit neem baie lank om die skade agterna te herstel.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die planete verhoog jou kreatiwiteit en begeerte om deur skoonheid, vrede en rustigheid omring te word. Kuier saam met vriende wat jou hart laat sing, maar moenie deur ’n gladdebek kennis mislei word nie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Dit sal baie maklik wees om jouself in die verleentheid te stel wanneer jy iets heeltemal onvanpas kwytraak. Jy moet vinnig dink en praat om sake weer reg te stel.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Of jy nou oud of jonk is, proaktiewe Mars motiveer jou om jou kreatiewe kant te wys. Put inspirasie uit die aktrise Diane Keaton, wat vandag verjaar, se woorde: “Ek wil aanhou om te sê wat ek dink en voel tot ek nie meer lewe nie.”

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Probeer om geliefdes te koester eerder as om baasspelerig te wees. Jou leierskapsvaardighede sal sterk bly solank as wat jy ander se behoeftes eerste stel en dink voor jy praat.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Weerstaan die begeerte om ander te kritiseer, ongeag hoe “opbouend” die kritiek is. Jy sal heelwat verder kom met huismaats of kollegas as jy hulle liewer prys en aanmoedig.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

’n Moeilike kind, tiener of vriend kan in ’n skoorsoekerige bui wees. Jy sal dus jou diplomatiese vaardighede moet inspan om die harmonie te behou. Sterkte, Weegskaal!

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Dit sal moeilik wees om ’n verbintenis op emosionele vlak met geliefdes te hê. Hoe meer veeleisend jy is, hoe meer sal hulle hulle van jou distansieer. Probeer om baie sensitief te wees.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy is in die bui om jou idees te verdedig, maar moenie jouself beter as ander hou en hulle in die proses aanstoot gee nie. Sluk ’n chill-pil en doen liewer lekker baie fisieke oefening!

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Weerstaan die begeerte om ongewoon roekeloos te wees wat werk, besigheid of geldsake betref. Jy wil die yster smee terwyl dit warm is, maar sien jy die geheelbeeld?

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Impulsiewe woorde of voortvarendheid kan jou vandag in die warm water laat beland – veral by die werk. As jy sake goed deurdink voor jy praat of optree, sal jy ’n paar moeilike oomblikke gespaar bly!

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Vandag se sterre is goed vir vrywilligerwerk, kreatiewe projekte en geestelike sake. Is jy heeltemal onrealisties wat ’n persoonlike saak of professionele kwessie betref?