JOU DAG

Dryfkrag en vasberadenheid sal resultate verseker.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy moet in die volgende 12 maande jou pas markeer en take een vir een aanpak. Streef daarna om meer sensitief en vrygewig te wees teenoor ’n familielid wat moelikheid ervaar.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie so oorhaastig wees nie, Ramme! Dis die perfekte dag vir solo-aktiwiteite terwyl jy onafhanklik werk aan ’n langtermynprojek. Met harde werk en heelwat toewyding kan jy werklik jou drome bewaarheid.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Wat ’n kind, tiener of intieme vriend/in betref, is daar baie wat onder die oppervlak aangaan en waarvan jy dalk nie bewus is nie. Kombineer jou voorgevoel en logiese denke om feite en fiksie van mekaar te onderskei.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Baie mense sal super ernstig raak, so dankie tog vir die geniale Tweelinge! Moet egter nie die humor oordryf nie. Sommige sensitiewe vriende – in die vlees en aanlyn – moet ekstra versigtig gehanteer word.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Moenie verwag dat geliefdes jou moet oorweldig met liefde en aandag nie. Mense is vandag emosioneel meer teruggetrokke, dus moet jy nie dinge alte persoonlik opneem nie. Delf liewer dieper in jou eie emosionele reserwes.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Hoe meer prakties jy is, hoe beter sal die dag verloop. Hou by die werk waarmee jy besig is en moenie toelaat dat vae bekommernisse of donker buie jou mismoedig maak nie. Fokus daarop om jou briljante doelwitte vir die toekoms aan te teken.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

’n Verhouding met ’n gesinslid gaan nie vandag maklik wees nie. Hy/sy soek na slim idees en verstandige raad ... nie kritiese kommentaar en sedepreke nie. Pas dus jou benadering dienooreenkomstig aan.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Entoesiasme loop hoog, maar moenie te gou haastige, halfgebakte gevolgtrekkings maak en dan verkeerde inligting oordra nie. Saturnus is ernstig en maan jou om mooi te dink voor jy praat en te beraadslaag voor jy optree.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy het baie ysters in die vuur, maar moenie te veel hulp vandag van ander mense verwag nie – tuis, sowel as by die werk. Jy sal maar jou eie beuel moet blaas terwyl jy take in solo-Skerpioenstyl aanpak.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Saturnus beweeg deur jou teken – wat nie maklik is nie – maar dit sal jou help om te groei en te ontwikkel. Soos Bette Davis, jou bekende verjaardaggenoot, is “Die geheim van die lewe om uitdagings te aanvaar.” En om daaruit te leer!

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Steenbokke is die diereriem se werkesels – en vandag is jy in snelrat. Jy is in die bui om lank en hard te werk en jy het die motivering en dissipline om geweldig baie uit te rig.

WATERDRAER, 21 Jan-19 Feb.

Moenie bekommerd wees dat jy foute gaan maak nie. Hou aan om nuwe dinge te probeer en wees geïnspireer deur die woorde van ’n mede-Waterdraer, die akteur Jack Lemmon: “Mislukking gaan jou nie seermaak nie, maar vrees vir mislukking gaan jou kruppel laat.”

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Saturnus spoor jou aan om uit te blink by die werk. So jou huidige motto kom van Jou mede-Ram, Bette Davis: “Probeer altyd die onmoontlike doen en verbeter sodoende jou werk.”