JOU DAG

Benut jou persoonlike kragte op positiewe en produktiewe maniere.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou sosiale en snaakse geaardheid veroorsaak dat familie en vriende daarvan hou om by jou te wees. 2017 is die jaar om minder selfvoldaan en meer gefokus te raak, veral wat jou doelwitte vir die toekoms betref.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Gebruik jou energie op positiewe maniere terwyl jy die netwerk aan die brand maak en ander mense aan jou kant kry. As jy met eendersdenkende mense kontak maak en strategiese gesamentlike pogings najaag, gaan dit ’n wen-wen-situasie vir alle partye raak.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die sterre voorsien ’n goue geleentheid om ’n morsige verhoudingsprobleem, wat jou lankal pla, op te los. Sê dus wat op jou hart is, suiwer die lug en dan kan julle altwee aanbeweeg.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Dit is ’n puik dag om deur die agterstand van roetinetake te werk. As jy die gemors skoonmaak, die papierwerk regkry en ’n skoon begin maak, gaan jy verbasend nuut en verfris voel.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Soek jy ’n langtermynmaat? Met Mars en Pluto wat deur jou verhoudingsone storm, moet jy proaktief raak. As jy van iemand hou, sal jy dapper moet wees en die eerste skuif maak.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Verandering is in de lug! Vandag het jy die motivering en persoonlike aantrekkingskrag om probleme met ander mense uit die weg te ruim, of ’n huishoudelike situasie wat jou die afgelope tyd pla, op te los. Spring daarvoor, Leeus!

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Alle soorte studie en navorsing word bevoordeel terwyl jy onder die oppervlak grawe om uit te vind wat werklik aangaan. As jy egter dinge aanlyn kwytraak, maak eers seker dat jy jou feite agtermekaar het.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Kry die selfvertroue om na vore te kom. Wat ’n persoonlike projek of plaaslike gemeenskapskwessie betref, sal jy sien dat, hoe meer georganiseerd en professioneel jy optree, hoe meer gaan ander mense ag slaan op jou.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jou Skerpioen-charisma en kommunikasievermoëns skyn vandag helder met die Maan, Venus en Pluto wat aan jou selfvertroue ’n ekstra hupstoot gee. Gebruik die geleentheid om iets negatiefs in iets positiefs te verander.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Moenie die voordelige uitwerking wat ’n ouer vriend of mentor op jou beroep kan hê, onderskat nie. En hoe meer jy jou Boogskuttertalente adverteer, –persoonlik, sowel as aanlyn – hoe meer sukses gaan jy behaal.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Gryp die geleentheid aan om jou persoonlike kragte vandag op ’n positiewe wyse aan te wend. Jy is nie baasspelerig nie – jy is reguit. Jy is nie ongeduldig nie – jy is inspirerend. Jy is ook nie dominerend nie – jy is dinamies!

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Gebruik vandag jou verbeelding en intuïsie, Waterdraer. Kreatiewe inspirasie loop hoog, maar moenie toelaat dat iemand veroorsaak dat jy koers verloor nie. As jy mooi na die stemmetjie in jou binneste luister, gaan jy weet wat om volgende te doen.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Dis tyd om jou persoonlike Visse-planne op peil te kry met die gesamentlike planne van ’n groep, klub of organisasie waarby jy betrokke is. Dan kan jy werklik begin om talente te kombineer en saam doelwitte te bereik!

© Joanne Madeline Moore