JOU DAG

Wees ’n deurmekaar dag propvol lewendige verbindings en gesprekke te wagte.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy kan familie, vriende en kollegas beïnvloed. Maak seker dis op positiewe maniere. Kombineer in die komende 12 maande jou passie met uithouvermoë.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Gebruik jou energie om projekte aan te vuur en volg dit op met hope geesdrif en doelgerigtheid. Weerstaan die drang om iets heeltemal onvanpas uit te blaker, veral tuis.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die klem val vandag op lekker tye en heerlike maaltye saam met familie en vriende. Moenie ontsteld raak as ’n balhorige familielid iets onthul wat liewer ongesê moes bly nie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jou geldsake lyk ingewikkeld en nogal chaoties. Moet niks hieroor besluit, duur aankope maak of kontrakte onderteken tot jy aansienlik helderder dink nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die sterre bevoordeel die skakeling met jou innerlike muse. Dinge kan wel verwarrend raak as jy kommunikasie aanjaag. Maak tyd om diepsinnig te raak met ’n geliefde.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Leeus hou daarvan om dinge op te hemel, maar moenie meer beloof as wat jy kan lewer nie – veral wat professionele projekte betref. Probeer die balans tussen entoesiasme en realisme reg kry.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Jy gaan dalk vandag ietwat liggeraak wees omdat Uranus jou oorgevoelige senustelsel opklits. Doen dus jou uiterste bes om jou minder te bekommer en meer te ontspan. Jou lysie van dinge om te doen sal môre nog daar wees.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Klou vas aan jou sitplek, want ’n intieme verhouding kan die volgende 24 uur baie chaoties wees. Moenie aanneem jy weet hoe die ander mens dink en voel nie. Jy slaan die bal moontlik heeltemal mis.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Moenie dinge tot op die laaste oomblik uitstel as jy ’n sakereis of vakansie beplan nie. Wees strategies! Doen jou huiswerk, gaan jou reisplan na en kry jou papierwerk agtermekaar.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Nuuskierigheid, rusteloosheid en opwinding is hoog. Maar kyk dieper; daar is meer aan die gang as wat jy besef. Gebruik jou tyd om kwessies behoorlik te ondersoek, anders gaan jy belangrike besonderhede miskyk. 

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Moenie jouself beperk nie. Hoe groter jou kring van familie, vriende, bure, kollegas en kennisse is, hoe meer invloed gaan jy in die groot, wye wêreld buite jou deur uitoefen.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb. 

Vandag gaan jy maklik verveeld raak, maar onderdruk die versoeking om daarom dwars te wees en ander te ontstel. Soek minder ontwrigtende maniere om jou dag skop te gee.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Hou op met uitstel en doen iets. Dis ’n goeie dag om inspirerende, kreatiewe idees in praktiese, produktiewe langtermynprojekte te omskep. Moenie roekeloos met geld omgaan nie. 

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.