aries-hg-w

JOU DAG

Baie mense gaan vandag emosioneel intens of rusteloos voel.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ambisieus en kan moontlik te veel hooi op jou vurk laai. 2017 is die jaar waarin jy harde werk met hope sosiale geleenthede en familievierings moet balanseer.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Kreatiwiteit is hoog, maar moenie iets onvanpas sê of doen nie. Woorde wat haastig gesê is, kan soos ’n mes sny. As jy jouself nie redigeer nie, kan jy ’n onnodige rusie begin.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Is daar iets wat jou pla? Luister na die wyse woorde van ’n mentor of vriend wat jy vertrou en skakel in by dit wat jou intuïsie vir jou probeer sê. Dit sal die regte rigting vir jou aandui.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy is gretig om ou vriendskappe te koester – en opwindende nuwe kennisse na jou wêreld te lok. Vermy negatiewe denkers. Soek mense wat jou toekomsdrome sal onderskraag en aanmoedig.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy het ’n obsessie om iets gedaan te kry. In die proses tree jy meer verdedigend op en jou geduld raak minder. Probeer objektief wees, veral ten opsigte van iets waarby ’n kollega of geliefde betrokke is.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jou verbeelding skiet vandag die hoogte in, terwyl jou vermoë om logies te dink, vinnig kan daal. Dit is tyd om kreatiewe aktiwiteite na te jaag, eerder as om besluite te neem wat rasionele, helder denke verg.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Werk hard om ’n intieme verhouding te verbeter. Moenie toelaat dat hindernisse op die pad jou onderkry nie. Venus beweeg in trurat deur jou vennootskapsone, dus moet jy probeer om geduldig en simpatiek te wees.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Oos wes, tuis bes -- terwyl jy ekstra huishoudelike verantwoordelikhede met ’n glimlag aanvaar. Verhoudings met gesinslede gaan nie vandag maklik wees nie, maar as jy geduldig is, sal jy regkom.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy broei nou al ’n hele ruk oor ’n ingewikkelde situasie. Wrokkigheid het opgebou en jy kan dalk vandag presies sê wat jy dink. Moenie ’n gunstige reaksie van ander mense verwag nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Wat sommige Boogskutters betref: Jou kreatiwiteit skyn vandag op verstommend produktiewe maniere. Wat ander betref: Verwag dat kommunikasie met ’n kind, tiener of vriend intens, onvoorspelbaar of verwarrend gaan wees.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Probeer jou bes om vandag iemand in nood te help. Jy sal gefokus, intens en super puntenerig voel. Soek dus ’n uitdagende persoonlike projek waarheen jy al daardie Steenbok-energie kan herlei.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy’s gretig om vandag los te breek van jou gewone roetine en om jou in opwindende nuwe rigtings uit te strek. Wees versigtig met dit wat jy in die sosiale media plaas. As jy twyfel, moet dit liefs nie doen nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy’s in die luim om veranderings aan te bring. Allerlei ongewone situasies en opwindende scenario’s is moontlik. Moenie belangrike besluite neem voor jy nie kalm en rustig voel nie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017