JOU DAG

Om oor dinge te praat is nie dieselfde as om hulle te doen nie, dus moet jy nie meer belowe as wat jy in werklikheid kan lewer nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is bekwaam en aanpasbaar, en ander mense geniet dit om in jou geselskap te wees. In 2016 moet jy kreatiwiteit met selfdissipline balanseer – dan sal jy werklik vooruitgaan.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie onbevestigde inligting oordra of te vinnig tot gevolgtrekkings kom nie, Ramme. Duidelike, versigtige kommunikasie sal verhoudings met ander mense help verbeter terwyl jy jou boodskap hard en duidelik oordra.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy is vandag in’n bedaarde, peinsende luim. As die lewe te besig en veeleisend raak, sorg dat rus en ontspanning ’n belangrike prioriteit word terwyl jy ’n bietjie heerlike afsondering op ’n spesiale plek geniet.

TWEELING, 22 Mei-21Jun.

Die son en Venus is albei in die Tweeling, dus sal die wêreld vandag ’n dubbele dosis van jou vinnige, gevatte kwinkslae kry. Maak net seker jou speelse gebabbel ontaard nie in nodelose skinderpraatjies nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Alles draai op die oomblik nie net om julle nie, Krewe! Kameraderie, samewerking en oorleg is die vonkwoorde terwyl jy jou teen jou maat aanvly. Enkellopendes, daar is ’n verband tussen liefde en vriendskap.

LEEU, 24 Jul.23 Aug.

Vir sommige Katte skuil ’n wonderlike werkgeleentheid om die hoekie – maar jy sal moet slim wees en dit gryp wanneer dit verskyn, anders gaan dit by jou verby. Hou dus op om dinge te veel te oordink en spring aan die werk!

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy gaan vandag met ernstige kwessies besig wees terwyl jy lees, skryf of navorsing doen. Dit is ’n fantastiese manier om in ’n geheim te delf, ’n probleem op te los en speurder te speel en iets wat weg was, op te spoor.

WEEGSKAAL, 24 Sept-23 Okt.

Jy is in die luim vir avontuur aangesien die son en Venus jou begeerte stimuleer om die skoonheid van die wêreld daar buite te ontdek en te smaak. Maak seker jy neem ’n geliefde of ’n werkmaat saam op die uitstappie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Verbonde Skerpioene, moenie die leiding neem nie. Gee jou maat beweegruimte en laat dié besluit hoe die dag moet verloop. Enkellopendes, soek liefde by ’n teer Bul of ’n passievolle Vis.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.- 21 Des.

Venus besoek tans jou verhoudingsone, dus is dit tyd om jou huweliksmaat nader te trek en met dié saam te werk. Enkellopende Boogskutters, soek ’n maat met soortgelyke belangstellings wie se nabyheid jy werklik geniet.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Meng werk en ontspanning op genotvolle maniere. Moet egter nie ’n probleem op sigwaarde aanvaar nie. Die situasie is ingewikkelder as wat dit lyk; bestee tyd om by die kern uit te kom van wat werklik aangaan.

WATERDRAER, 21 Jan .-19 Feb.

Die huidige patrone van die planete moedig jou aan om ’n voortslepende probleem met ’n geliefde op te los. Duidelike kommunikasie en gedeelde belange is die sleutels tot bevredigende verhoudings.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die son en Venus verlig jou huissone, dus is die fokus op gesinsake. Dit kan so bitter maklik gebeur dat jy ’n geliefde verkeerd verstaan; loop ligvoets en vra ’n bietjie helderheid.