JOU DAG
 Vandag kan spontaniteit maklik aan roekeloosheid grens.


AS JY VANDAG VERJAAR
 Jy moenie in die komende 12 maande betrokke raak by ingewikkelde finansiële vennootskappe nie, want dit kan in trane eindig. Enkellopendes, die liefde kom klop in Julie aan jou deur.


RAM, 21 Mrt. – 20 Apr.
 Jy kan moontlik vandag gejaag, rusteloos of ontsteld voel. Koel af en raak kalm, Ramme! Poog om jou vurige energie op aangename en produktiewe maniere te herlei deur aan hope fisieke aktiwiteite deel te neem.


BUL, 21 Apr. – 21 Mei
 Voel dit asof jou huishoudelike ruimte afgeskeep en onbemind is? Dit is die perfekte dag om aandag te gee aan die takies tuis wat jy uitgestel het. Soos om te kook, skoon te maak, van rommel ontslae te raak of tuin te maak.


TWEELING, 22 Mei – 21 Jun.
 Jy is vandag gretig om jou boodskap oor te dra, maar doen dit baie versigtig, en neem tyd om dinge te deurdink. Anders gaan daar beslis verwarring ontstaan wat kommunikasie betref, dan sal daar ’n chaos heers!


KREEF, 22 Jun. – 23 Jul.
 Vandag se sterre vuur jou geldsone aan en dit kan die voorloper wees van ’n spontane inkopietog. Maar is dit werklik so ’n goeie idee? Dit is tyd dat slim Krappe die briek effens aandraai wat hul geldsake betref.


LEEU, 24 Jul. – 23 Aug.
 Die maan beweeg deur jou teken en dit gee jou selfvertroue ’n broodnodige hupstoot terwyl jy met rasse skrede vorentoe beweeg. Onthou, dit is net die grootte en omvang van jou drome wat jou beperk.


MAAGD, 24 Aug. – 23 Sep.
 Jy is vandag geneig om oor ware of verbeelde probleme te tob, Maagd. In plaas van foute soek, is dit tyd om jou gedagtes vrye teuels te gee en slim oplossings vir die lang termyn te soek.


WEEGSKAAL, 24 Sep. – 23 Okt.
 Poog om proaktief en produktief te wees wat betref verwagtings en drome, vriendskappe en groepsaktiwiteite. Jy gaan vind dat ander mense kwaad raak as jy net mooipraatjies maak en nie konstruktief en produktief is nie!


SKERPIOEN, 24 Okt. – 22 Nov.
 Jy gaan vandag maklik verveeld raak, Skerpioen. Maak dus seker jou rooster is propvol aangename dinge. Deel ook ’n prettige buitemuurse aktiwiteit met ’n kollega, intieme vriend/in of geliefkoosde troeteldier.


BOOGSKUTTER, 23 Nov. – 21 Des.
 ’n Gelukskoot duik op via jou betrokkenheid met ’n groep, klub of organisasie, aangesien jou portuurgroep uitbrei en jou sosiale verbintenisse verbreed. Maak seker dat jy dit vandag ten volle benut.


STEENBOK, 22 Des. – 20 Jan.
 Pligsgetroue Steenbokke hou daarvan om ’n professionele beeld voor te hou. Hoe harder jy aan die uitbreiding van jou sosiale netwerke en internasionale verbintenisse werk, hoe meer vrugte sal jy in die toekoms daarvan pluk.


WATERDRAER, 21 Jan. – 19 Feb.
 Jy gaan moontlik vandag rusteloos en ontevrede voel. Die tyd is dus geskik om lank en deeglik na jou doelwitte en verwagtings vir die toekoms te kyk. Kort jou planne nie dalk ’n paar ernstige plukke nie?


VISSE, 20 Feb. – 20 Mrt.
 Jy is geneig om die eerste ding uit te blaker wat in jou gedagtes opkom; dus moet jy vandag versigtig wees wat jy sê. Anders moet jy die res van die dag om verskoning vra. Kyk ook twee keer voor jy iets in die sosiale media plaas.


Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.