JOU DAG

Venus is nou in die Weegskaal en dit bevoordeel takt en diplomasie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is betroubaar en georganiseerd en boonop ruimhartig. Die volgende 12 maande is ’n fantastiese tyd om geld te maak, want Jupiter stimuleer jou geldsone.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Venus beweeg tans deur jou teenoorgestelde teken, die Weegskaal. Jy moet dus nou daarteen waak om oorhaastig, ongeduldig en impulsief te wees. Wees liewer, koel, kalm, beheersd en behulpsaam.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jou heerserplaneet beweeg deur die Weegskaal; gevolglik is jy lus vir sosialiseer, kommunikeer, rondgaan en partytjie hou asof dit uit die mode gaan. Dit is ook ’n goeie tyd om verhoudingsake uit te praat.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Venus, die gesellige kultuurvraat, besoek tans jou onthaalsone. Die komende paar weke is dus ’n goeie tyd om ’n partytjie te hou. Woon ook ’n musiekkonsert, teateropvoering of kunsuitstalling by.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Venus beweeg tans deur jou gesinsone; daarom is dit tyd om vrede te maak met ’n moeilike geliefde. Jy sal vind skikking en samewerking is by Casa Kreef die sleutel tot huislike harmonie.

LEEU 24 Ju.-23 Aug.

Venus beweeg vandag in jou kommunikasiesone, dus word sosiale funksies en hope lewendige besprekings bevoordeel. Wat werk betref, lei ’n volhardende benadering tot bewondering en goedkeuring.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Berei jou voor vir persoonlike vertroeteling. Venus besoek jou selfvertrouesone, dus is dit hoog tyd dat jy jou bederf met van die luukshede wat die lewe bied. Oorweeg byvoorbeeld ’n aromaterapie-masseersessie of ’n fantastiese nuwe uitrusting.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Venus beweeg deur jou teken en vrede, harmonie, kreatiwiteit en meelewendheid word belig. Boonop sal heerlike dagdrome later in suksesvolle kreatiewe projekte verander.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Probeer ’n balans handhaaf tussen sosialisering met eendersdenkende vriende en tyd saam met ’n baie spesiale mens – jy. Skenk ook ernstig aandag aan die simboliek van jou drome.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Groepsaktiwiteite word bevorder terwyl jy jou talente en kundigheid aan ’n plaaslike klub, organisasie of verdienstelike saak beskikbaarstel. Dit is ook ’n wonderlike tyd om jou kreatiewe idees aanlyn oor te dra.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Moenie vandag haastig of gespanne raak oor professionele projekte en persoonlike verhoudings nie, Steenbok. Ruim tyd in om dinge te deurdink en maak seker jy geniet elke tree wat jy gee.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Venus beweeg deur jou reissone, so beplan binnekort ’n blaaskans. ’n Plek met ’n pragtige natuurskoon, fantastiese kos en vrolike geselskap is ideaal.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

’n Besige dag is jou voorland terwyl jy klaarspeel met onvoltooide sake, nalees oor inligting, en regmaak om te spring. Onthou, die môrestond het goud in die mond.