JOU DAG

Liefde en begeerte is op die spyskart met Venus en Mars wat albei in die Maagdteken is.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is vasbeslote en volhardend, maar kan ook baie koppig wees. Soms moet jy leer om te laat gaan. Wees minder bekommerd en ontspan meer in 2016.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Venus en Mars laat die kollig op jou welstandsone val. Hoe fikser en gesonder jy fisiek, verstandelik en emosioneel is, hoe meer sal jy voordeel trek uit ’n gelukkige liefdesverbinding.

BUL 21 Apr.-21 Mei.

Venus en Mars maak saam mooi musiek in jou sone vir romanse. Beplan dus iets spesiaals saam met jou maat.’n Platoniese verhouding kan vir enkellopendes skielik ’n passievolle wending neem.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Venus en Mars is saam in jou huissone. ’n Smaaklike maaltyd wat tuis berei is, is die enigste voorspel wat jy nodig het! Enkellopendes kan hul sielsgenoot ontmoet wanneer hulle deur ’n familielid aan iemand voorgestel word.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy kan aanlyn voordeel trek uit die Venus-Mars-konneksie. Enkellopendes moet sou gou moontlik hul aanlynprofiel om liefde te soek bywerk. Krewe wat in ’n verhouding is, moet seker maak hulle stuur vir hul geliefde ’n sexy boodskap of erotiese e-pos.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Leeus in ’n verhouding moet hul selfbeeld verbeter en ook hul geliefde spesiaal laat voel. As enkellopende Leeus hul eiewaarde ontwikkel, sal hulle ’n meer selfversekerde en deernisvolle maat se aandag trek.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Venus en Mars vvuur jou aan en vermeerder jou charisma en seksuele aantrekkingskrag. Maagde wat in ’n verhouding is se maat sal dit moeilik vind om hul sjarme te weerstaan. Enkellopende Maagd, is jy gereed om baie te flankeer?

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Weegskale in ’n verhouding moet moeite doen om agter te kom wat hul maat se geheime versugtings is. Enkellopendes se romantiese gevoelens en seksuele aantrekkingskrag kan weer vlam vat met ’n geheimsinnige minnaar uit die verlede op die toneel.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Skerpioene se romantiese drome kan regtig waar word. Enkellopendes kan ’n wenslysie saamstel van al die eienskappe van hul ideale maat. Gaan dan uit en soek daardie mens!

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Moenie skaam wees om jou passie vir jou maat in die openbaar te verklaar nie. Is jy enkellopend? Daar is ’n verband tussen liefde, begeerte en werk. Jy kan aangetrokke voel tot iemand wat iets met jou werk te doen het.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

As jy in ’n verhouding is, kan jy planne beraam om’n nag of wat saam met jou geliefde weg te gaan. Vir enkellopendes hou liefde en reis verband en hulle kan tot iemand van ’n ander land of kultuur aangetrokke voel.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Venus en Mars stimuleer jou intimiteitsone. Waterdraers kan ’n romantiese nag saam met hul geliefde geniet. Die vonke kan spat tussen ’n enkellopende Waterdraer en ’n aantreklike vreemdeling.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Gee aandag aan jou maat se begeertes en vermeerder die romanse. Enkellopendes kan liefde soek by ’n sterk Maagd, gevoelige Bul of sensuele Skerpioen.