Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Benut die dag se entoesiastiese en optimistiese sterre ten volle.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy geniet jou eie geselskap, maar moenie jouself te veel van ander afsonder nie. Die volgende 12 maande is die tyd om te sosialiseer, rond te gaan, te meng en in te skakel.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Dis ’n puik dag vir besigheid en finansiële sake – solank jy nie oorhaastig raak nie. As ’n goeie geleentheid hom voordoen, maak seker jy is gewillig en in staat om dit aan te gryp.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Wees vandag bereid om jou toekomsplanne met kinders, tieners of vriende te deel. ’n Bietjie skrumdink sal jou in die regte rigting stuur.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Daar is geen plek vir negatiewe selfpraatjies vandag nie. Mercurius beweeg nou wel agteruit, maar jy kan steeds pret hê en baie uitrig – solank jy geduldig is. Familiegesellighede trek ook voordeel.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Dit is ’n puik dag vir beter kommunikasie met familie en vriende. Moedig die warm betoning van liefde aan – om te gee en te ontvang – en maak seker jy luister na die behoeftes en bekommernisse van ander.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy is tans baie gefokus op professionele en vrywilligerprojekte, maar moenie al jou eiers in een mandjie pak nie. Versprei jou belange, brei jou kontakte uit en hou jou opsies oop.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Opwindende nuwe ervarings wag by die werk, maar jy moet geduldig wees. Moenie skaam wees nie; hoe meer jy aanlyn besig bly met internasionale kontakte, hoe beter gaan jy vorder.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Dis ’n wonderlike dag om weg te raak in heerlike dagdrome terwyl jy jou verbeelding gebruik om jou jou doelwitte en toekomsplanne te formuleer. Dink groot, en maak seker jy reik na goud.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Dis ’n goeie dag om te mediteer, te beraam, iets kreatiefs te doen of in te haal met vriendinne en oorsese kontakte. Jupiter help jou boonop om ’n hardnekkige verhoudingsprobleem te hanteer.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Baie Boogskutters sal opgeruimd wees aangesien jul oorheersende planeet, Jupiter, julle opvrolik en meer selfvertroue gee. Dit is verder die perfekte dag om met jou gunstelingkollegas te sosialiseer.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Moenie vandag te georganiseerd en pligsgetrou wees nie. Die planete moedig jou aan om jou daaglikse roetine omver te werp en vir ’n verandering iets spontaans en onbepland te doen.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Met die maan en Neptunus wat jou geldsone besoek, moet jy probeer om kreatief te wees oor geldsake – eerder as onder ’n wanindruk. As jou finansies in ’n yslike gemors is, moet jy stappe doen om dit reg te ruk.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Mercurius beweeg tans agteruit en dit kan tot verwarring lei. Jupiter verbeter vandag tydelik alle soorte kommunikasie terwyl jy dit geniet om bande te smee met familie en intieme vriende.