Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore

JOU DAG

Kry die regte balans tussen om jouself te handhaaf en om met ander saam te werk.

AS JY VANDAG VERJAAR

Weerstaan die drang om jou oor dinge te kwel. In 2016 sal jou sosiale lewe ’n hupstoot kry en jy sal meer by jou plaaslike gemeenskap betrokke raak.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Dit is tans ’n kragtige kombinasie om kreatief en proaktief te wees. As jy by ’n groep betrokke is, wees inklusief en maak seker almal kry die geleentheid om hul sê te sê.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Met Venus in jou sone vir huishoudelike sake is dit ’n wonderlike tyd om tuis te onthaal. Jy voel positief en is lus om ander te help terwyl jy op groot drome en planne fokus.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Kommunikasie en gesprekke is vandag die sleutelwoorde terwyl jy jou mening deel, ’n nuwe vaardigheid aanleer of waardevolle inligting aan iemand oordra. Verwag verwarring.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Probeer om probleme by jou werk te voorsien. Krewe wat nie werk nie, daar is baie maniere waarop jy met jou talente ’n bydrae in die wêreld kan maak.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Stimuleer jou brein deur te lees, te leer, navorsing te doen en waar te neem. Is jy verward oor ’n emosionele kwessie? Slaap daaroor en jy sal ’n vars perspektief kry.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Maagde word maklik deur misverstande en ’n deurmekaarspul geraak. As jy die onverwagte te wagte is en ’n paar keer diep inasem, sal dit nie te moeilik wees om deur die dag vol ontwrigting te kom nie.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Met Mercurius wat steeds agteruit deur jou teken beweeg, spoor die heelal jou aan om praktieser en geduldiger te wees. Goeie dinge gebeur met Weegskale wat kalm bly en wag.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Vandag is vol misterie. As jy in ’n verhouding is, kan jou maat dalk iets vir jou wegsteek. Party enkellopendes kan in ’n geheime liefdesverhouding betrokke raak. Wees versigtig.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Wees gereed om alles in die oortreffende trap te doen terwyl Venus die fokus op die hedonis in jou laat val. Jy voel optimisties oor jou vermoëns, maar moenie meer aanpak as wat jy gemaklik kan hanteer nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Daar sal probleme by die werk wees terwyl Mercurius deur jou werksone agteruit beweeg. Probeer om buigsamer en geduldiger te wees. Met die regte gesindheid sal jy deur enige tydelike onstuimigheid kom.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

’n Goeie verhouding verdiep tot die volgende vlak. Jy sal lus voel om jou passie vir ’n gunsteling-sport, -stokperdjie of -bestemming tot uitvoering te bring. Daar sal vertragings wees – wees dus geduldig.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is lus om hard te werk, veral aan projekte wat jou brein stimuleer en emosies by jou wakker maak. Jy is ook in die bui om oor jou gevoelens te praat, maar probeer doen dit taktvol.