Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Dis die perfekte dag om ’n ou gewoonte te verbreek of ’n opwindende nuwe projek aan te pak.

AS JY VANDAG VERJAAR

2017 is die jaar om dinamiese skuiwe te maak en invloedryke mense te ontmoet. Maar moenie te veel stres nie! Los genoeg ruimte in jou lewe om te sosialiseer en pret te hê.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Weerstaan die drang om ’n baasspelerige en roekelose Ram te wees. As jy te haastig is, kan jy jou in ’n argument of ongeluk bevind. Kompromie en geduld is dus die sleutels tot ’n stresvrye dag.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die Nuwemaan dui op ’n nuwe begin vir gesamentlike geldsake. ’n Slim, berekende risiko kan verbasend goed verloop, mits jy net eers jou finansiële huiswerk deeglik doen.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Maak gereed vir ’n verhoudingswedergeboorte. Verbonde Tweelinge gaan in ’n ernstige nuwe fase van ’n langtermynverhouding beweeg. En party gelukkige enkellopendes gaan eindelik hul toekomstige langtermynmaat ontmoet.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die Nuwemaan en Saturnus is albei in jou welsynsone, dus val die klem die volgende paar weke op gesondheid en fiksheid. Moenie die etery oordoen nie, anders gaan jy teen Kerstyd ’n superrond Kreef wees!

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Berei jou voor vir ’n oormaat van voor-Kerspartytjies, aangesien die Nuwemaan jou vermaaksone belig. Daar is binnekort die moontlikheid van ’n vakansie, maar pasop vir reisreëlings op die laaste nippertjie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Geniet ’n stil aandjie saam met geliefdes, want die Nuwemaan belig jou tuissone. Sommige Maagde gaan besluit om, in die aanloop tot die Kersseisoen, groot veranderings aan die huis te maak.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die Nuwemaan in die Boogskutter vuur jou kommunikasiesone aan, dus is dit ’n goeie tyd om stimulerende geselskap, skindernuus, lekker tye, dramas en drome te deel. Studie en reis word ook bevoordeel.

SKERPIOEN,24 Okt.-22 Nov.

Verbind jouself tot ’n verantwoordelike, nuwe geldplan, aangesien die Nuwemaan jou geldsone opkikker. As jy nie jou geldsake self kan bestuur nie, maak gebruik van die dienste van ’n kundige.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die Nuwemaan in die Boogskutter se sone herlaai jou pap batterye. Dit is ook die perfekte tyd om met ’n projek te begin, aan ’n sportnommer deel te neem, te gaan perdry, oefen, studeer of ’n avontuurlike vakansie te beplan.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die sterre moedig jou aan om ’n paar lank uitgestelde veranderinge in jou huislike lewe aan te bring terwyl jy dinge op die tuisfront deurmekaarskud. Moet egter nie onverskrokke wees met geld en krediet op ’n manier wat nie eie is aan jou nie.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Wees ekstra versigtig wanneer jy ’n motor bestuur. Moenie jaag nie! En dink mooi voordat jy dinge uitblaker wat jy moontlik later gaan berou. Jy is in die bui om die verhoudingsbootjie te skud, maar is dit die beste ding om te doen?

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Voel jy verward oor jou loopbaan? Die Nuwemaan aktiveer jou werksone. Dink dus lank en hard aan kreatiewe veranderinge wat jou werkondervinding in 2017 sal verbeter.

© Joanne Madeline Moore