JOU DAG

Om heeldag rond te jaag, verhoog net jou stresvlakke, dus moet jy so ’n bietjie stadiger oor die klippe gaan .

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy moet in 2016 die balans tussen jou persoonlike en professionele lewe regkry. Ruim ook tyd in om uiting te gee aan die spelerige en kreatiewe kind in jou.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Maak reg om te skyn en te skitter, Ramme! Vandag is ’n dag waarop jy regtig groot drome moet droom en moet streef na fantasties ambisieuse projekte vir die toekoms ... gevolg deur heelwat harde werk, spierkrag en toewyding.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Stel jy aanmekaar dinge uit? Lig jou mooi bees-agterent en laat dinge vandag begin gebeur, Bul. Neem jou tyd om alles eers goed te deurdink – en storm dan soos ’n Bul by ’n hek!

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Daar is ‘n neiging om in te spring en dinge te sê wat jy nie regtig bedoel nie, veral aan geliefdes. Dink mooi voor jy praat, anders gaan jy eenvoudig ander mense aanstoot gee – en jouself ontstel.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

As jy probleme het met jou gesondheid, kan jy niks wen as jy dit onder die mat invee en ignoreer nie. Wees verantwoordelik en proaktief. Dit is so belangrik om ’n oefenroetine te kry wat vir jou werk.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Heelwat van jou waardevolle tyd en aandag word in beslag geneem deur ’n delikate situasie rakende ’n kind, ’n tiener of ’n goeie vriend/in. Om dit op te los, sal jy proaktief, sensitief en volhardend moet wees.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy is binne-in jou Maagd-gemaksone as jy projekte op ’n beheerde en versigtige manier benader. Met ses planete vandag in haastige vuursones, is dit tyd om meer spontaan te wees en jou pas te versnel.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Enkellopende Weegskale – liefde is ‘n sterk moontlikheid terwyl die sterre jou verhoudingsone aanwakker. As jy reeds verbind is, moet jy nie toelaat dat die verhouding saai en tog o, so voorspelbaar raak nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Wat ingewikkelde sake tuis of by die werk betref, vermy dit om halfgebakte, haastige skuiwe te maak. Vandag se sterre moedig jou aan om sake op ’n intelligente, intuïtiewe en verbeeldingryke manier te bekyk.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Met Mars en die maan albei in Boogskutter, voel jy onverskrokke en verruklik. Dink mooi voor jy praat en wees vasberade – anders mag jy dalk iets doen, sê of dink wat jou later kan berou.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy gaan ’n produktiewe dag hê indien jy die balans tussen professionele projekte en huishoudelike verpligtinge kan regkry. Enkellopende Steenbokke – liefde met iemand uit jou plaaslike omgewing is baie waarskynlik.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Hoe meer kreatief jy tuis, by die werk en by jou spel is, hoe beter gaan die dag verloop. Kommunikasie – persoonlik en deur middel van die sosiale media – stuur jou boodskap hard en duidelik die wêreld in.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Kreatiwiteit, sensitiwiteit en geestelike inspirasie is vandag hoog. Jy is in die luim om ’n bietjie te ontsnap deur middel van dagdromery, en jy sal ook heelwat simpatie en ondersteuning hê vir iemand wat swaarkry.