JOU DAG

Wees op die uitkyk vir iemand wat aanmoediging of ’n helpende hand nodig het.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy kan daarin verstrengel raak om jou lewe te leef soos jy dink ander van jou verwag. Doen in 2016 dinge wat jy wil doen. Neem jou geliefdes saam op jou reis.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Weerstaan die drang om voortvarend te wees wanneer jy die volgende paar dae met ander kommunikeer. Woorde kan seermaak. Dink mooi voor jy iets sê waaroor jy later spyt is.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dis ’n wonderlike dag om uit te vind hoe dit met oorsese vriende of internasionale kontakte gaan – of jy dit nou in persoon of aanlyn doen. Die omstandighede is goed vir groepsaktiwiteite en spansport. Staan op uit daardie gemaklike rusbank en kom aan die gang!

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Entoesiastiese Tweelinge is lus om vakansieprojekte aan te pak. Mercurius is in die Steenbokteken. Dit sal jou skerp verstand help fokus en jou kreatiewe idees in die realiteit grond.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Gesinsverhoudings is vandag broos. Skerp woorde en impulsiewe optrede ontwrig die vrede en harmonie in die huis. ’n Bietjie geduld sal dinge weer rustig maak.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jou goeie bui sal die mense om jou in die vakansiestemming kry, maar onthou dat ’n kind of tiener van jou verwag om ’n volwasse en verantwoordelike voorbeeld te stel.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Moenie toelaat dat jou aandag deur mooiweersvriende se uitspattige beloftes afgelei word nie. Wees jouself. Met drie planete wat jou vriendskapsone aktiveer, is dit tyd om vas te stel wie jou ware langtermynvriende is.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jy het goeie sterre vir uiteet of om mense in ontspanne styl by jou huis te onthaal. Probeer om ’n lang middagete saam met kollegas te reël as jy moet werk – dan kan julle nuus oor die Kerstyd en vakansie uitruil.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy is lus om met ’n groot verskeidenheid interessante mense gesprekke te voer. Moenie jouself te ernstig opneem of ’n geliefde met jou sarkasme ontstel nie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy voel uitbundig en vermaak familie en vriende. Jy is ook gretig om ’n behoeftige te help, maar onthou, dis baie maklik om te beloftes te maak.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jy sal dit geniet om bevredigende oplossings vir dringende probleme te vind, maar weerstaan die begeerte om ander te kritiseer – maak nie saak hoe “konstruktief” die kritiek is nie. Jy kan dalk ook die rol van ’n geleerde onderwyser of weetgierige student aanneem.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy is lus vir hemelse ontspannning tydens die vakansie en bestee kwaliteittyd op jou eie, maar steek jy jou kop in die grond wat geldsake betref?

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Die superhoek van die son en Neptunus versterk jou spirituele kant en barmhartige aard. Die omstandighede is ook goed vir groepsaktiwiteite en jy inspireer geliefdes met jou veelsydige kreatiwiteit.