Hier is wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore.

aries-hg-w

JOU DAG

Die nuwemaan is ’n tyd vir hernieude energie en ’n magiese begin.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy moet oor die komende 12 maande poog om die balans tussen werk en speel reg te kry. Maar onderdruk die ongeduld wat jou permanent ry. Mei is ’n fantastiese maand vir liefde en romanse.

RAM, 21 Mrt – 20 Apr

Die nuwemaan is in die voortvarende Ram, dus is dit die beste dag van die jaar om nuwe voornemens te maak, brawe idees in werking te stel en drome deur middel van produktiewe projekte in positiewe aksie te omskep. Geen verskonings nie, Ramme!

BUL, 21 Apr – 21 Mei

Het jy rondgehardloop soos ’n besige Bul op steroïede? Die nuwemaan stimuleer jou vrede-en-stiltesone. Maak dus plek op jou gespanne rooster vir rus, ontspanning en herstel.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun

Die nuwemaan por jou aan om jou ouderdomsgroep te verjong. Dit is dus die perfekte tyd om by ’n klub of plaaslike organisasie aan te sluit, jou professionele kontakte te vertroetel of jou natuurlike vaardighede ten opsigte van netwerkvorming blink te vryf.

KREEF, 22 Jun – 23 Jul

Die nuwemaan klits jou loopbaan- en reputasiesone deurmekaar. Maak jou dus die volgende maand gereed vir ’n paar verrassings. By die werk sal dinge onvoorspelbaar wees. Of sê ander mense dalk onverwagte dinge oor jou?

LEEU, 24 Jul – 23 Aug

Het die lewe in Leeuland al te voorspelbaar begin raak? Die nuwemaan aktiveer jou avontuursone. Dit is dus tyd om ’n internasionale geurtjie by die mengsel te voeg – deur te reis of uit te reik na oorsese verbintenisse.

MAAGD, 24 Aug – 23 Sep

Verbonde Maagde, dit is tyd om naby aan en intiem te word teenoor jou maat aangesien die nuwemaan jou sensuele sy stimuleer. Enkellopendes – soek ’n geliefde wat goedgeaard, kreatief en meelewend is.

WEEGSKAAL, 24 Sep – 23 Okt

Gee jy net altyd terwyl jou geliefde net altyd praat? Balans is die sleutel. Enkellopendes – hou op om die “volmaakte” maat te soek. Soek iemand wat jou in opwindende nuwe rigtings laat strek.

SKERPIOEN, 24 Okt – 22 Nov

Die nuwemaan vuur jou welsynsone aan, dus is dit tyd om jou daaglikse dieet te verbeter en ook prettige maniere te vind om jou fiksheid ’n hupstootjie te gee. Weerstaan net die versoeking om oorbesitlik of ’n beheervraat te wees.

BOOGSKUTTER, 23 Nov – 21 Des

Jy’s in die bui vir pret, vermaak en kreatiwiteit. Maar doen eers ’n bietjie beplanning sodat jy kan munt slaan uit jou opwelling van energie en nie impulsiewe skuiwe en morsige foute maak nie.

STEENBOK, 22 Des – 20 Jan

Baie werk en te min pret maak bokke humeurig en moeilik om mee saam te leef. Die nuwemaan moedig jou aan om jou balans tussen huis en werk aan te pas sodat dit meer gebalanseerd is. En baie meer gesinsvriendelik . . .

WATERDRAER, 21 Jan – 19 Feb

Die nuwemaan sit energie in jou aanlyn sone, dus is dit ’n fantastiese tyd om ’n sosialemediaprofiel te skep, met ’n blog te begin of ’n webtuiste by te bring. ’n Vars formaat en innoverende idees kan jou ver bring!

VISSE, 20 Feb – 20 Mrt

Geld het ’n manier om soos water deur jou vingers te glip. Die nuwemaan is in jou geldsone, dus is dit die beste tyd van die jaar om jou tot ’n verantwoordelike nuwe finansiële plan te verbind. En hou dan daarby!

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017