JOU DAG

Dinge gaan vandag intens raak, dus moet jy die pas markeer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is energiek, emosioneel en onderhoudend en moet die volgende 12 maande gebruik om sensitiewer te wees wat die persoonlike behoeftes van die mense om jou betref.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Heethoofdige Ramme, die maan is vandag in die vurige Ram, dus is jy in ’n uitbundige, baasspelerige modus. Jy moet egter soms jou benadering aanpas – en iemand anders vir ’n verandering toelaat om die leier te wees.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Ruim vandag tyd in om aan die werkkwessies en daaglikse eise te ontsnap, Bul, terwyl jy die genietinge van die lewe van oos, wes, tuis bes geniet – en ’n bietjie uiters nodige stilte en rus gryp.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy is gretig om jou moue op te rol en jou talente ten toon te stel, maar as jy te toegeeflik is, gaan ander mense oor jou loop. Staan dus nou man, Tweeling, op ’n kalm, beheerste manier.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Verhoudings met geliefdes of werkkollegas gaan vandag moeilik wees, Krewe, omdat julle die behoefte het om ’n onbeheerbare situasie te beheer. Probeer objektiewer wees en moenie dinge so erg persoonlik opneem nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Gemoedsrus kom vandag as jy jou eie – en ander mense se – krag en swakhede aanvaar. As jy te veroordelend is, sal jy vind dit het net onnodige probleme met ander mense tot gevolg.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dink vandag voor jy jou mond oopmaak aangesien jy die mag het om ander mense, veral in jou portuurgroep, te beïnvloed. Wat ’n kind, tiener of vriend/in betref, moet jy sorg dat jy nie by ’n magstryd betrokke raak nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Bedaarde Weegskale, julle kan moontlik gevra word om onstuimige waters te kalmeer wat ’n gesinslid of intieme vriend betref. Die spanning laai op, dus moet jy jou bes doen om ’n moeilike situasie taktvol te ontlont.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

As jy ander mense probeer manipuleer, gaan jy verbaas wees oor hul reaksie. En kry ’n probleem jou onder? Wat jy teenstaan, hou eenvoudig aan; daarom is dit moontlik hoog tyd om die lig te sien en dit te laat gaan.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy het hope energie om in ’n kreatiewe of sportaktiwieit te kanaliseer. Daar kan egter ’n misverstand met ’n geliefde wees oor wie wat besit, dus moet jy meer gedissiplineerd en diplomaties probeer wees.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Ons roep alle Steenbokke! Hoe heerssugtiger jy is, hoe moeiliker gaan die dag wees. Probeer dus ontspan en saam met die stroom vloei. Wat ’n persoonlike probleem betref, mik om konserwatief en versigtig te wees.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy is in die luim om te praat, maar luister enigiemand hoegenaamd? Ruim vandag tyd in om dinge te doen waarvan jy hou, terwyl jy met simpatieke intieme vriende in aanraking kom, Haastige kommunikasie kan egter tot ’n misverstand lei.

VISSE, 20 Feb.- 20 Mrt.

Kommunikasie met ander mense sal gespanne wees; probeer dinge in perspektief hou, Vis, aangesien dit slegs ’n verbygaande fase is. Kreatiewe projekte sal jou na jou eie privaat wêreld help ontsnap.