pisces-hg-w

JOU DAG

Pak uitdagende projekte vroegdag aan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Uranus en Jupiter werp vanjaar jou geldsone omver; daarom gaan jou kontantvloei onvoorspelbaar wees. Beplan daarvoor. September en Oktober is die beste maande vir liefde en romanse.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Wees teenstand te wagte as jy vandag ’n goeie indruk probeer skep. Geliefdes verwag baie van jou; moet hulle nie teleurstel nie. Spits jou toe op hul behoeftes, eerder as op jou eie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Doen jou huiswerk wat geldsake betref. Dit sal hope navorsing verg. As jy kortpad probeer vat, kan dit op ’n fiasko afstuur.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Saturnus beweeg stadig deur jou vennootskapsone; probeer die balans tussen geduld en proaktiwiteit regkry. Moet ook nie grappies maak wat ander kan seermaak nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Alle soorte professionele projekte vind baat by die feit dat jy die energie en geesdrif het om netelige uitdagings die hoof te bied. Moenie toelaat dat iemand jou vandag by ’n doellose magstryd betrek nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Gebruik jy jou gesonde verstand? Laat jou gedagtes gaan en sorg dat jy vandag ’n stimulerende intellektuele oefensessie inkry. Moenie oorhaastig tot gevolgtrekkings kom nie; gaan eers die feite na.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Verwag die onverwagte. As jy te nougeset is wat jou roetine betref, gaan ander mense beslis jou volmaak beplande dag omkrap. Minder fiemies en meer toegeeflikheid is die antwoord.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Bly kalm. Die heelal het hoë standaarde en jy kan maar weet geliefdes gaan onvoorspelbaar optree. Bied vertragings en moeilikhede met geduld en panache die hoof.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Skerpioene en kuier is nie tans maats nie; jy wil mediteer. Dis goed om oor dinge na te dink, maar moet dit nie as verskoning gebruik om nukkerig te wees nie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Hou jou wisselvallige energie in toom. Ander kan jou passievolle planne en avontuurlike benadering bevraagteken. Hoe meer georganiseerd en gefokus jy is, hoe beter sal die dag verloop.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Druk word uitgeoefen wat ’n professionele projek betref. Jy is vasbeslote om jou idees deur te sien, maar moet jy nie jou kreatiewe streep benut om van die moeilike take af te handel nie?

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Daar is tans ’n fyn lyn tussen ’n gevoel van roekeloosheid en een van rusteloosheid. Deurdink dinge behoorlik voor jy optree – en praat. Ondeurdagte woorde kan later probleme skep.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Jou geldsake bly steeds onvoorspelbaar, aangesien Mars en Uranus jou geldsone deurmekaarskud. Moenie die situasie vermy nie; vergewis jy so gou moontlik van jou finansiële verantwoordelikhede.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.