JOU DAG

Mars beweeg die Steenbok binne, wat vermoëndheid en pligsgetrouheid aanmoedig.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met Jupiter wat deur Weegskaal beweeg, kan jy uitsien daarna om ’n besige en suksesvolle jaar te hê. Maar moenie onttrek aan ander nie. Hou jou sosiale lewe en vriendskappe steeds sterk aan die gang.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jou heersende planeet, Mars, jaag deur jou reputasiesone; dus gaan jy op die een of ander manier in die openbare oog wees. Ander let op na wat jy sê en doen; maak daarom seker jy lewer ’n goeie vertoning.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Mars storm deur jou avontuursone; dus moet jy begin dink aan waarheen jy met jou volgende onvergeetlike vakansie wil gaan. Moet ook nie net idees bespreek nie; dis tyd om die daad by woord te voeg en vaste planne te beraam!

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die proaktiewe Mars moedig jou aan om op praktiese maniere meer gehaltetyd af te staan aan die koestering van intieme verhoudings. Bou ook nuwe vriendskappe met mense wat nes jy dink, van aangesig tot aangesig sowel as aanlyn.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Moenie tot gevolgtrekkings kom en aannames maak oor wat geliefdes dink nie. Wees ’n geduldige Kreef. Sit ook tyd opsy om verby uiterlike voorkoms te kyk terwyl jy dinge goed deurdink.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Dit is tyd om die bul by die horings te pak wat die verbetering van jou gesondheid en fiksheid betref, deur ’n meer voedsame dieet en ’n meer buigbare oefenprogram. En is jy op die hoogte met jou dokters- en tandartsondersoeke?

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die magtige Mars beweeg tot in die Steenbok, wat goed is vir werk wat ’n gedissiplineerde gedagtegang en aandag aan detail verg. Maagdehemel! Moenie die kans misloop om dinge gedoen te kry nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die Son en Jupiter spring albei deur jou teken; dus sal ’n kombinasie van kreatiwiteit en selfvertroue jou ver bring. Ook, hoe meer proaktief jy met familiesake is, hoe beter.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Mars beweeg tot in jou kommunikasiesone; dus is jy in ’n bui om te gesels. Moet egter nie vinnige afleidings maak nie – veral oor ’n buurman of familielid. Jy het net nie al die feite nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Is geldsake op jou brein, Boogskutter? Mars moedig jou aan om baie meer proaktief oor jou finansiële portefeulje te wees, terwyl jy slim nuwe maniere bedink om uitgawes te besnoei en kontantvloei te verbeter.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Dinamiese Mars marsjeer vandag tot binne-in die Steenbok – waar dit tot 9 November vertoef. Die tyd is dus geleë om selfs meer gemotiveer en beroepsgerig te wees terwyl jy idees vorm, projekte van stapel stuur en jou instel op die toekoms.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Met Mars wat tot binne jou misteriesone beweeg, word jou verbeelding, intuïsie en innerlike sy beklemtoon. Maak dus seker dat jy jou energie na kreatiewe en spirituele aktiwiteite kanaliseer.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Groepsaktiwiteite en spanpogings word bevoordeel terwyl jy in aanraking kom met vriende wat nes jy dink en wat suksesvol is. Dis ook tyd om jou toekomsdrome met iemand spesiaals te deel.

© Joanne Madeline Moore