JOU DAG

Dis volmaan. Verwag vandag dus baie passie en intensiteit.

AS JY VANDAG VERJAAR

In 2016 is dit tyd om fisieke aktiwiteit en kreatiewe oordenking te balanseer. Brei jou doelwitte en drome vir die toekoms op nuwe, avontuurlike maniere uit.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

As dit vir jou voel of dit ’n bepalende tyd in die geldafdeling is, moenie wanhopig word nie – dis net ’n nuwe hoofstuk. Maak seker jy bespreek dit eers met jou geliefde of vennoot voor jy geld bestee.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die Bul-volmaan beklemtoon jou aardse persoonlikheid terwyl ’n idee of projek tot uitvoering kom of ’n probleem so erg word dat jy daaraan moet aandag skenk. Maak seker jy hanteer sake verstandig.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Van jou motiewe is tans duister, maar jy sal binnekort jou ware kleure wys. Is ’n geliefde volkome eerlik met jou? Luister na wat jou binnestem vir jou sê.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Krewe is gewoonlik tranerig wanneer dit volmaan is, maar hierdie volmaan is in die aardse Bul se teken en jy sal emosioneel meer stabiel wees. Dis tyd om met vriende te netwerk terwyl jy saam met ’n nuwe, kreatiewe groep kuier.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Werkskwessies kan ’n krisispunt bereik, want die druk bou op. Iemand, hopelik jy, verlig die druk deur beslissend op te tree. Studente en vrywilligers moet daarna streef om vandag 100% te gee.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jy is meer eksperimenteel as gewoonlik terwyl die volmaan jou avontuursone aktiveer. Onduidelike kommunikasie kan tot misverstande met ’n vriend, familielid of buurman lei.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Hoe gaan dit met jou begroting en bankbalans? Die volmaan laat die kollig val op hoe jy jou geld bestuur. Probeer om minder uitspattig en meer versigtig met kontant en skuld te wees.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Probeer om sake vandag in perspektief te sien. Jou motto is die woorde van die Kanadese sanger en mede-Skerpioen Neil Young: “Terwyl jy deur die lewe gaan, moet jy die valleie en die pieke sien.”

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die volmaan belig jou werksone en jy is dus gretig om in beheer te wees. Is jy die baas of net baasspelerig? Span jou leierskapsvaardighede op slim en kreatiewe maniere in.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Dis tyd om wankelende vriendskappe te koester, nuwe vriendskappe te kweek en jou kreatiewe kant na vore te bring. Moenie alles glo wat jy hoor nie – maak seker van die feite voor jy reageer.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die volmaan dui op huisverbeterings, ’n verhuising, gaste wat arriveer of huishoudelike dramas. Probeer om die balans tussen jou professionele lewe en gesinsverantwoordelikhede reg te kry.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jou emosies is wakker terwyl die volmaan jou kommunikasiesone stimuleer. Gun jouself genoeg tyd om voor te berei vir vergaderings en afsprake sodat jy nie gespanne voel nie.