JOU DAG

Die planetêre invloede dui vandag op ’n kreatiewe – en ietwat chaotiese – dag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is vasbeslote en oortuigend en het ’n sterk dryfkrag om dinge gedoen te kry. In die komende 12 maande moet jy op professionele gebied geldslim en avontuurlik wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr

Moenie ’n eendagvlieg wees nie. Jy is absoluut dol daaroor om projekte van stapel te stuur. Maak seker jou energie, goeie bedoelings en geesdrif hou enduit sodat jy werklik kan klaarmaak wat jy begin het.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Moenie te bedees wees nie. Jupiter moedig jou aan om elke dag op ’n avontuurlike manier te benader. Laat die woorde van die opvoedkundige Helen Keller jou inspirasie wees: “Die lewe is óf ’n uitdagende avontuur óf niks”.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Wanneer ’n projek vereis dat jy langer as 60 sekondes moet konsentreer, word jou onbestendige aandagspan beproef. Hou uit, want met volhouding en toepassing kan dit tot ’n reusagtige deurbraak lei.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Moenie huiwer om vandag jou omgeekant te wys nie. Koester jou familie en vriende en hê pret saam met die spesiale mense in jou lewe. Jy kan baie uit die natuur leer, soos om elke dag te vat soos dit kom.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jou huis is jou kasteel, waar jy kan ontspan ná ’n dag waarin jy in die openbaar “opgetree” het. Maak tyd om in jou leeuhok af te wen terwyl jy ontspan en jou kragte herwin.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

’n Verhoudingsprobleem kan opgelos word as jy perspektief behou en jou nie weer oormatig bekommer nie. Vra jouself: Oorreageer ek?

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Dis baie moontlik dat jou hart jou kop gaan voorskryf; moenie nou belangrike besluite neem wat gesonde, logiese oordeel verg nie. Bring eerder tyd deur saam met jou intieme vriende en sê vir geliefdes hoe jy voel.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov. 

Jy voel geïnspireer terwyl jy kragte saamsnoer met ’n kreatiewe vriend/in wat naby of ver woon. Pasop dat jy nie so meegevoer raak dat jy op die ou end te veel van jou tyd en talent daarin stort nie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Ondeurdagte praatjies kan groot skade veroorsaak. Bly vir eers stil oor geldsake. Kan ’n prater geheimsinnig wees? Vandag is alles moontlik.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Moet jou nie afsonder nie. As jy ’n spesiale vennootskap vertroetel, kan julle jul talente saamspan in ’n dinamiese gesamentlike projek. Jy sal egter die bal aan die rol moet sit.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb. 

Jou unieke talente word vandag ten toon gestel; maak seker jy motiveer ander met jou kreatiewe benadering. Moet egter nie so baie tyd aan daaglikse roetinetake afstaan dat jy jou geliefdes afskeep nie.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Verwag vannag verbysterende drome, want Neptunus stimuleer Mercurius in jou verbeeldingsone. Jou hart sal altyd wen, want jy val onder die Visse.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.