JOU DAG

Jy kan vandag ’n paar emosionele hoogte- sowel as laagtepunte verwag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy stel baie hoë standaarde aan jouself en ander mense. Jy moet in die volgende 12 maande jou loopbaan – of toekomstige rigting – na opwindende nuwe terreine stuur.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Irriteer dit jou dat mense nie optree soos jy wil hê hulle moet nie? As jy oor ander mense probeer baasspeel, is ’n lang, moeisame dag jou voorland. Kommunikasie en kompromie is die wagwoorde.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Bestendige Bulle verkies dat dinge sonder verrassings of dramas langs die pad verloop. Bulle se motto vir vandag? Trek jou aanpassingsbaadjie aan . . . en wees gereed om die onverwagte te verwag!

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

As jy jou logiese en emosionele sye kan balanseer, sal jy bevredigende vordering maak. Maar sit jy met ’n probleem wat jou pla? Laat jou intuïsie vir jou die regte pad aandui.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

As jy vandag verwag dat dinge glad moet verloop, gaan jy uit jou Kreef-gemaksone geruk word. Die planete, veral Uranus, moedig jou aan om op ’n heel nuwe manier na ’n huidige situasie te kyk.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jou huidige motto kom van jou bekende verjaardaggenoot die Britse aktrise Helen Mirren: “Jy skryf jou lewensverhaal met die keuses wat jy maak.” Maak dus seker dat julle vandag nugter en wyse besluite neem, Katte.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Met Jupiter wat tot 9 September in jou teken is, moet jy die geleenthede om jou behoorlik benut. Laat die Maagd-skrywer D.H. Lawrence jou inspireer: “Ek wil my lewe so leef dat my nagte nie vol verwyte is nie.”

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Dit kan vandag voel of jy in alle rigtings getrek word, Weegskaal, met die huis, familie, liefde en werk wat almal meeding om jou beperkte tyd en energie. Maak dus seker jy pas jou spoed aan en leer om nee te sê!

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Om oorversekerd te wees kan lei tot probleme met ander mense, dus, koel af en trap versigtig. Wat professionele sake betref, is dit ’n baie goeie tyd vir spanpogings, vir versigtiger probeer wees en om jou kennis uit te brei.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

As jy roekeloos raak met verhoudings, kan jy jouself dalk met ’n weerspannige vriend bevind – of ’n briesende geliefde. Wat geldsake betref, streef daarna om versigtiger en meer georganiseerd te werk te gaan.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jou huidige mantra kom van jou bekende verjaardaggenoot Carl Jung “Jou visie sal eers duidelik word as jy in jou eie hart kan kyk. Wie na buite kyk, droom; wie na binne kyk, ontwaak.”

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy is op jou wilde en wonderlike beste terwyl jy verhoudings regskud met jou skeppende idees en avontuurlike houding. Wat liefde betref, berei jou voor om te eksperimenteer en te ontdek.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Dis tyd om openliker te wees met geliefdes. As jy met ’n probleem sit wat jou pla, moenie dit probeer verberg nie. As jy emosioneel volwasse is, sal jy praat oor wat jou pla.