JOU DAG

Die sterre is ten gunste daarvan dat jy prakties, pragmaties en produktief moet wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Aktief en gedrewe – dit is moeilik vir jou om te ontspan en af te wen. 2016 is die jaar wat jy dit moet geniet om te reis – maar benut ook jou tyd by die huis ten volle.

RAM. 21 Mrt.-20 Apr.

Was jy onsensitief? Wat ’n vriend of kollega betref, ruim tyd in om jou in sy/haar skoene te plaas. Dan sal jy bietjie beter verstaan wat hy/sy deurmaak.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy is gefrustreer deur sommige mense se tekort aan toewyding en motivering, maar vandag moet jy nie knoppies probeer druk nie. Maak kontak met vriende wat ingestel is op oplossings – en bly positief.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Mercurius – jou heersende planeet – is nou in lyn; alle vorme van kommunikasie behoort dus te begin verbeter. Tyd om jouself uit te druk en jou gevoelens eerlik en reguit te verwoord.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Vertroetel geliefdes, maar moet hulle nie versmoor nie, Krewe – gun ander mense heelwat ruimte om hulself uit te druk. ’n Familielid soek vars idees en kreatiewe inspirasie by jou.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jou huislike situasie is in ’n veranderingsfase; hoe meer aanpasbaar jy is, hoe beter sal die eindresultaat wees. Vorm eers ’n beeld van idees in jou gedagtes voor jy hulle in die buitewêreld loslaat.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius beweeg deur jou kreatiwiteitsone; dus moet jy seker maak dat jy munt slaan uit jou kreatiewe talente. Hoe meer energie en geesdrif jy in jou projekte sit, hoe meer sal jy daaruit put.

WEEGSKAAL, 24 Sept-23 Okt.

Dis tyd om tuis aan die werk te spring en takies aan te pak wat jy heeltyd uitstel. Mercurius is nou in lyn, wat aan jou energie ’n hupstootjie gee en jou in die bui sit om sake af te handel.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Streef daarna om vandag hard te werk, veral aan projekte wat jou denke stimuleer en jou emosies aanroer. Jy praat ook graag oor jou gevoelens, maar probeer dit taktvol doen.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Maak gereed om na sake om te sien, want jou heerser, Jupiter, beweeg deur jou loopbaansone. Van nou af tot 9 September moet jy met ekstra energie en geesdrif vorentoe storm deur projekte.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die son skyn op ’n finansiële probleem en dit help jou om dinge uit ’n nuwe oogpunt te beskou. Sommige enkellopende Steenbokke sal betrokke raak in ’n ingewikkelde liefdesverhouding. Trap suutjies.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy is ywerig om stappe te doen by die werk, maar – met Mars in jou loopbaansone – moenie sommer net inspring en alte impulsief wees nie. Skakel in op die stemmetjie in jou binneste; dit sal jou in die regte rigting lei.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie vandag ’n spartelende vis of talmende Vis wees nie! Die sterre moedig jou aan om self te besluit wat jy wil hê . . . gaan soek dit dan met hope passie en doelgerigtheid.