JOU DAG

Dis die ideale dag om jou gewone roetine op te kikker.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is soms baie vasbeslote, maar soms ook baie hardkoppig. Die volgende 12 maande is die tyd om jou minder sosiaal te isoleer en aanpasbaarder te word.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Dinge beweeg stadiger as wat jy wil hê, maar moenie dat dit jou afsit nie. As jy jou aandag verskuif na toekomstige projekte en hulle met presiesheid beplan, sal jy minder rusteloos en ongeduldig voel.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Met die son en Mercurius in jou teken is dit tyd om prontuit en verstandig te raak. Kry jou inspirasie van mede-Bul Eva Perón, wat verklaar: “Ek is slim en het meer krag as wat ander dink.”

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Geliefdes gaan onvoorspelbaar optree. Dit is dus tyd om jou geestelike horisonne te verbreed met vernuftige aanlyn werk en die uitruil van idees met vriende wat nes jy dink.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Met Venus en Uranus wat albei jou beroepsone besoek, moet jy daarna streef om by die werk proaktief en kreatief te wees. Jy sal ook meer professionele vordering maak hoe meer jy aanlyn met ander mense saamwerk.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die son, jou oorheersende faktor, is in jou beroepsone. Werk dus aan jou professionele sy en spog met jou besonderse Leeu-talente. Moenie oor ’n ingewikkelde situasie te letterlik wees nie.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Met Saturnus en Mars binne jou huishoudelike sone, moet jy die versoeking weerstaan om ou familiewrokke op haal. Hoe meer vrygewig – en vergewensgesind – jy teenoor geliefdes is, hoe beter sal die dag verloop.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Kommunikasie met geliefdes behoort vandag produktief te wees; jy geniet opgewekte geselsies en bespreek spanpogings. Vir sommige Weegskale wag liefde iewers in jou buurt.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Werk, skool of vrywillige diens behoort vandag goed af te loop, want verhoudings met kollegas verbeter en jy is in die bui om jou werk te geniet. Spanpogings en groepsaktiwiteite trek voordeel.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jou sterre plaas vriendskap, stokperdjies, sportaktiwiteite, reis, avontuur en kreatiewe projekte in die kollig. Maak seker jy staan tyd af om iets spesiaals te doen wat jou hart laat juig.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jou verbeelding en voorgevoel sal jou vandag ver bring – as jy dit toelaat. Gee aandag aan die simboliek in jou nagtelike drome en kyk uit vir ’n onmiskenbare déjà vu-oomblik.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy is vandag op jou sprankelende Waterdraer-beste en vermaak ander met jou grillige stories en pittige antwoorde. Sosiale geleenthede, spanpogings en sosiale media vind ook baat hierby.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Werkprojekte en sakeondernemings lyk positief terwyl jy die geleerde raad van ’n kollega of mentor aanvaar. Moenie weer die wiel probeer uitvind nie; volg in die voetspore van suksesvolle voorgangers.