Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Mercurius is nou in die Skerpioen, wat intense konsentrasie bevoordeel.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is behendig en betroubaar, maar kan soms te selfbehep raak. Die volgende 12 maande moet jy jou talente met ander deel terwyl jy meer betrokke raak by jou gemeenskap.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Dit is voordelig om vandag jou vurige energie aan ’n finansiële saak of ’n navorsingsprojek te wy. Moet egter nie ander ontstel deur baasspelerig te wees en te dink jy weet alles nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Mercurius beweeg nou deur jou verhoudingsone. Dis tyd om aan die gesels te raak – regtig te gesels – met jou dierbares. Werk ook daaraan om die kommunikasielyne wyd oop te hou.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jou kragplaneet, Mercurius, reis tans deur jou daaglikseroetinesone. Die pas van die daaglikse lewe gaan dus effens vinniger raak terwyl jy baie dinge tegelyk doen en met interessante aktiwiteite begin.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die huidige fokus is op die vertroeteling van platoniese verhoudings, aangesien Mercurius, die kommunikasieplaneet, jou aanmoedig om weer met vriende van heinde en ver in aanraking te kom. Kreatiewe projekte word ook bevoordeel.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die son en Mercurius beweeg albei deur jou huishoudelike sone. Dis dus ’n geval van oos, wes, tuis bes terwyl jy op genotvolle maniere met familielede sosialiseer en kommunikeer.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius en die son sluit in jou kommunikasie- en gemeenskapsone by mekaar aan. Die tyd is dus wonderlik om met vriende en bure te sosialiseer terwyl jy aan stimulerende gesprekke deelneem.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Mercurius besoek tot 12 November jou geldsone. Dis dus die ideale tyd om jou finansiële geletterdheid te verbeter deur studie of die mentorskap van iemand wat superslim is met geld.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Met Mercurius wat tot 12 November in jou teken is, gaan jy meer rasioneel en minder subjektief as gewoonlik voel. Dit is dus ’n fantastiese tydperk om vir ’n kursus in te skryf of ’n studieprojek te voltooi.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die planete verhoog vandag jou intuïsie en verbeelding. Doen jou bes om met die kreatiewe muse in jou binneste in aanraking te kom. Skakel ook in by die gedagtes en gevoelens om jou.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jy is lief om jouself te druk en ploeg gereeld alleen deur projekte. Vandag moedig Mercurius jou egter aan om met eendersdenkende mense saam te span terwyl die mag van die groep aan jou kant is.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy wil oor ’n groot verskeidenheid onderwerpe met familie, vriende of kollegas gesels. As jy jou geestelike rusteloosheid kan bedwing, gaan jy ’n wonderlike dag hê.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Het jy jou buitelandse vriende die laaste tyd afgeskeep? Die wêreld is in werklikheid in ’n neutedop; dus is daar geen verskoning om buite bereik te wees nie. Dit is tyd om weer kontak te maak en die gesprek aan die gang te hou.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2016