JOU DAG

Dit is tyd om ’n lastige probleem op ’n nuwe manier op te los.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is verbeeldingryk en idealisties. Jy moet in die komende jaar tyd inruim om met jou familie en vriende te sosiaal te verkeer. En skakel ook in by jou innerlike.

RAM, 21 Mrt. – 20 Apr.

Die sterre bevorder ’n stimulerende dag waarin verrassings en ontwrigtings moontlik is. Dit sal jou kort aandagspan tevrede hou! Maar roekelose gedrag kan jou in die warm water laat beland. Trap dus versigtig.

BUL, 21 Apr. – 21 Mei

Gesinslede of huismaats sal jou tekortkominge vinnig aan jou uitwys as jy nie jou kant bring nie. Is dit nie dalk tyd om weer te onderhandel oor die huishoudelike werkrooster nie?

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun.

Wat jou strategie in die sosiale media betref, is dit tyd vir ’n nuwe benadering. Take wat verbeelding en vindingrykheid verg, word vandag bevoordeel. Dan kan jy vry asemhaal ná ’n welgedane taak.

KREEF, 22 Jun. – 23 Jul.

Vertroue is vandag ’n belangrike kwessie ten opsigte van ’n romantiese of platoniese verhouding, Krappe. Moenie toegee aan die versoeking om griewe te vertroetel en hardkoppig te wees nie. Kry ’n plek in jou hart om te vergewe en te vergeet.

LEEU, 24 Jul. – 23 Aug.

Die son en Mars is in jou teken, dus moet jy jou uitdruk! Jou motto kom van jou vooraanstaande mede-Leeu Madonna: “Ek staan vir vryheid van spraak, om te doen waarin jy glo en om jou drome na te jaag.”

MAAGD, 24 Aug. – 23 Sep.

Skielike geldskuiwe – veral waar gesamentlike finansiële reëlings betrokke is – kan jou later berou. Gebruik dus jou tyd en deurdink dinge op ’n baie meer noukeurige manier.

WEEGSKAAL, 24 Sep. – 23 Okt.

Fokus op jou doelwitte en aspirasies vir die toekoms. Betrek ook ’n geliefde by jou langtermynplanne. Hy/sy kan ’n alternatiewe siening lewer. Streef dus daarna om jou idees duidelik oor te dra.

SKERPIOEN, 24 Okt. – 22 Nov.

Verveel jou gewone roetine jou, Skerpioen? Hou vandag op om jou oor onbelangrike sake te verknies. Tree liewer uit die blok waarin jy leef en doen iets onvoorspelbaars of ongewoons.

BOOGSKUTTER, 23 Nov. – 21 Des.

Spontane Boogskutter – jy gaan meer rusteloos voel terwyl jy rondskarrel op soek na nuwe avonture. Stadig oor die klippe en markeer die pas, anders gaan jy dalk iets doen of sê wat jou later gaan berou.

STEENBOK, 22 Des. – 20 Jan.

Jy verkies om ’n huidige probleem op ’n stadige en bestendige Steenbok-manier te benader. Maar ’n geliefde wil hê dit moet dadelik opgelos word! Die slim en verstandige ding om te doen, is om ’n middeweg te vind.

WATERDRAER, 21 Jan. – 19 Feb. 

Jy voel lus om groot veranderings aan te bring terwyl nuwe idees en laterale denke jou Waterdraer-verbeelding aanvuur. Pasop dat jy nie die baba saam met die badwater uitgooi nie!

VISSE, 20 Feb. – 20 Mrt.

Die klem val op jou daaglikse roetine, en ander mense sal jou kreatiewe idees waardeer. Dis ook ’n fantastiese dag om jou navorsingsvaardighede op te skerp terwyl jy moeilik bekombare inligting opdiep.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.